Artikelbron: Artikel verskaf
Die nuwe politieke party, #Hope4SA, het in ’n mediaverklaring gesê die ekwivalent van ’n verstommende 45,8 tenkwaens vol bloed van ongebore geaborteerde babas is deur dié omstrede praktyk gestort sedert aborsie 27 jaar gelede in Suid-Afrika gewettig is.

“Die noodlottige besluit om aborsie te wettig is op 29 Oktober 1996 geneem, met beide die Demokratiese Alliansie (DA) en die African National Congress (ANC) wat hul steun daaraan toegesê het. Daarna het gewettigde aborsie op 1 Februarie 1997 begin – ’n deurslaggewende oomblik in ons land se geskiedenis,” het die verklaring gelui.
Die party het voorts ook gesê: “As die rentmeesters van #Hope4SA, ’n beweging wat daartoe verbind is om Bybelse waardes in ons land te vestig, doen ons ’n beroep op die publiek om op te staan en ’n bewuste keuse te maak. Dit is tyd om ’n nuwe koers in te slaan en ’n Christelike Party te ondersteun wat strook met ons kernoortuigings as Christene.
“#Hope4SA is toegewy daaraan om BYBELSE WAARDES NA DIE PARLEMENT TE NEEM, met die doel om ’n morele kompas in die besluitnemingsproses te herstel. Ons veldtog moedig medeburgers aan om die diepgaande impak van hul stem op die heiligheid van die lewe en die waardes wat ons samelewing definieer, te oorweeg.”
Vir meer inligting, besoek asseblief www.hope4sa.org.za of linktr.ee/hop

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 04/02/2024
Foto: Rooies Strauss, die adjunkpresident dienaarleier van #Hope4SA lei die anti-aborsie-demonstrasie in Groblershoop in die Noord-Kaap. (Foto verskaf)
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








