Deur Christ for all Nations
Artikelbron: JUIG! Tydskrif

Teen dié tyd het jy dalk al gehoor dat Christ for all Nations (CfaN) vanjaar 50 Evangelie-veldtogte in Afrika gaan hou om CfaN se 50ste bestaansjaar te vier. Die pas is reeds vinnig en dit sal ons mees intense en besigste jaar nog wees. Ons is vol vreugdevolle verwagting vir alles wat die Here gaan doen!

‘Gospel invasions’
Ons doelwit is om vanjaar elke hulpbron maksimaal te gebruik. In elke groot stad of area waarheen ons gaan, sal ons verskeie veldtogte hou. Ons het byvoorbeeld in Februarie/Maart vier veldtogte in die Abia-staat gehou. Dit was net ’n deel van wat daar gebeur het! Ons het ook direk daarna nog drie veldtogte gehou, asook ’n Gospel invasion (evangeliste wat die strate en markte oorstroom het met uitreike). Dit het daartoe gelei dat meer as 270 000 mense binne ’n maand gered is! Hier in Suid-Afrika het ons gesien hoe meer as 70 000 mense in Februarie bereik is deur ons Gospel invasion in Kaapstad.

Strewe na een groot doel
Dit is die soort strategie wat ons die hele jaar lank sal implementeer terwyl ons die hulpbronne wat die Here aan ons gee tot die beste van ons vermoë gebruik. Ons doen ons beplanning en benut elke geleentheid wat ons kry. As ons reeds evangeliste na ’n spesifieke nasie stuur, kyk ons waarheen hulle nog in daardie land kan gaan en wat hulle nog kan doen. As hulle in elke geval daar is vir ’n Evangelieveldtog kan hulle ook jeuguitreike en mobiele veldtogte in naburige gebiede doen. Dalk is hulle daar om jeugveldtogte te doen, dan bied ons sommer ook ’n Fire Camp aan. Ons is daarop ingestel om almal se tyd en geld ten beste te gebruik, want ons streef na een groot doel –
10 miljoen besluite om Jesus te volg in een jaar!

’n Groot koste
Ek wil hê jy moet dit weet, want ek het iets baie spesifiek om jou vandag te vra. Ek glo dit is onder inspirasie van die Here om te help om die geweldige verpligtinge na te kom wat hierdie vyftigjaarplan vereis – want ’n groot prys kom teen ’n groot koste.

R10 per dag vir die Evangelie – vir een jaar
Ek wil vra of jy bereid sal wees om jou vir een jaar te verbind om elke dag R10 vir die Evangelie te gee. Slegs R10! Eintlik kan ’n mens nie waarde toeken aan iemand se redding nie. Dit is van onskatbare waarde en ten volle betaal deur Jesus. Maar natuurlik vereis dit geld om na plekke toe te gaan en te gaan preek. Vroeër jare het dit CfaN ongeveer R20 gekos vir elke gedokumenteerde besluit wat ons aangeteken het. Deesdae, met ons Dekade van die Dubbele Oes-strategieë, het daardie getalle drasties verander. In sommige gevalle is dit eerder een persoon per een rand. Wat ek dus sê is dat jou R10 per dag omskakel in een siel wat gered word – ten minste! Trouens, R10 sal baie meer mense met die Evangelie van Jesus Christus kan bereik.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 13/04/2024
Foto’s verskaf

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here