Artikelbron: opendoors.org.za
Vandag onthou ons, ons familie in Mianmar, Sirië en Turkye en ons onthou Leah Sharibu in Nigerië en pastoor Raymond Koh in Maleisië, want hierdie maand is nog ʼn jaar sedert tragedie hul lewens getref het.
Militêre staatsgreep in Mianmar
Op 1 Februarie was dit presies drie jaar sedert die militêre staatsgreep in Mianmar plaasgevind het, waarin die militêre junta die leierskap van die land oorgeneem het. Ongelukkig het die situasie vererger met geweervuur en ontploffings wat steeds deur die strate weergalm. Die skaarste aan voedsel en die prys van kommoditeite neem toe, en die vrees vir geweld is steeds sigbaar.
Aardbewing in Sirië en Turkye
Op 6 Februarie was dit die eerste herdenking van die dodelike aardbewing wat dele van Sirië en Turkye verwoes het. Baie van die oorlewendes in Sirië vertel hoe die aardbewing hulle steeds raak. Rihab sê byvoorbeeld: “Fisies is ons oukei, maar sielkundig het ons littekens, ons is ontwrig.”
Ontvoering van Raymond Koh
Vandeesmaand op 13 Februarie was dit sewe jaar sedert pastoor Raymond helder oordag ontvoer is. Die hofsaak oor sy ontvoering is steeds aan die gang en die volgende datum is vir Mei vanjaar vasgestel. Die Koh-familie hou aan hoop op sy terugkeer.
Ontvoering van Leah Sharibu
Die 19de Februarie was dit ses jaar sedert Leah Sharibu saam met 109 ander studente deur Boko Haram, ʼn splintergroep van die Islamitiese Staat van Wes-Afrika ontvoer is. In die onmiddellike maande en jare ná haar ontvoering was daar sterk steun en veldtogte vir haar vrylating. Vandag het dit ongelukkig afgeneem. Geopende Deure gaan egter steeds voort om te vra vir gebede en voorspraak te doen vir Leah se veilige vrylating.
Bid asseblief:
- Bid dat God getraumatiseerde en moedelose gelowiges in Mianmar sal genees.
- Bid vir die mense van Sirië en Turkye wat steeds getraumatiseerd is en in rou is oor die aardbewing.
- Bid vir geregtigheid vir die Koh-familie en antwoorde rakende pastoor Raymond se ontvoering.
- Bid vir vertroosting vir Leah se familie en vir die veilige vrylating van Leah uit gevangenskap.
“Verbly julle in die hoop; wees standvastig wanneer julle swaarkry; volhard in die gebed.” – Romeine 12:12
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 27/03/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit: freepik.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.