Artikelbron: The Christian Post
Die afgelope naweek is 11 sendelingleiers van Youth With A Mission (YWAM) in ’n tragiese verkeersongeluk in Arusha, Tanzanië dood, berig The Christian Post. Daar is ook vier ander mense in die ongeluk oorlede.
“Ons is diepbedroef oor die afsterwe van nog drie van ons kosbare sendelinge as gevolg van die tragiese verkeersongeluk,” het YWAM Sondagoggend in ’n opdatering oor die dodetal gesê. “Elf van ons vriende is nou by Jesus. Twee is steeds in ’n kritieke toestand in die hospitaal. As ’n sendingbeweging staan ons saam met almal wat deur hierdie tragedie geraak word, hul gesinne en hul gemeenskappe. Ons werk daaraan om in alle dringende praktiese, finansiële en emosionele behoeftes te voorsien soos dit ontstaan.”
YWAM het Saterdag die verlies van hul lede in ’n verklaring op sy webwerf bevestig. In daardie stadium was daar agt sendelinge oorlede. “Dit is met groot hartseer dat ons bevestig dat agt van ons dierbare vriende en geëerde sendelinge oorlede is as gevolg van die tragiese verkeersongeluk. Boonop is verskeie ander, insluitend die busbestuurder, ook dood,” het die sendingorganisasie gesê.
YWAM het sy diepe hartseer oor die voorval uitgespreek en sy meegevoel met die families, vriende en spanlede wat deur die ongeluk geraak is, betuig.
Een van die twee betrokke busse, wat YWAM-leiers vervoer het, het aansienlike skade opgedoen, terwyl die ander veilig na die YWAM-kampus in Arusha teruggekeer het. Daar is berig dat verskeie individue in ’n kritieke toestand is en mediese aandag by plaaslike hospitale ontvang.
Minstens 15 mense is volgens Xinhua in die ongeluk dood. Boonop is twaalf ander beseer. Die oorsaak van die tragiese ongeluk, waarby vier voertuie betrokke was, is moontlik weens ’n vragmotor se remme wat onklaar geraak het.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 27/02/2024
Foto: Wasafi Media/YouTube
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.