Geskryf deur: Karen Faulkner
Artikelbron: www.worthynews.com 

’n Internasionale Christelike organisasie het verlede jaar gehelp om 1 500 Soedanese burgerlikes uit slawerny te bevry, wat die totale getal vrygelaat op meer as 100 000 oor 30 jaar te staan gebring het, berig CBN News.

Christian Solidarity International (CSI) is ’n humanitêre en godsdiensregte-organisasie wat se missie, onder meer is om mense te bevry wat “ontvoer of gevange gehou en as slawe gebruik word weens hul geloof of vir kriminele finansiële gewin.”

In ’n verklaring aan CBN News, het CSI se kommunikasiehoof, Joel Veldkamp, gesê Christene en aanhangers van inheemse godsdienste in Suid-Soedan is swaar getref deur slawehandelaars wat hulle ontvoer en onderwerp aan gruwelike behandeling, insluitend marteling, seksuele misbruik en daaglikse fisieke en sielkundige geweld.

Ter verduideliking van die agtergrond van die situasie, het Veldkamp daarop gewys dat Suid-Soedan weggebreek het van Soedan ná ’n burgeroorlog in die 1990’s: Suid-Soedan is meestal bevolk met Christene en swart Afrikane, terwyl Soedan meestal deur Moslem-Arabiere bevolk word. Volgens Veldkamp het Soedan slawerny as ’n oorlogswapen teen Suid-Soedan begin gebruik en tienduisende mense gevange geneem tydens die konflik wat tot 2005 gewoed het.

Met behulp van ’n ondergrondse netwerk wat dekades lank werksaam is, werk CSI saam met plaaslike Moslems wat ook ontsteld is oor die situasie, om dié wat as slawe aangehou word, te bevry. Hulle bied ondersteuning aan die bevrydes ná hul uit gevangeskap kon ontsnap.  “Dit is uiters gevaarlike werk,” het Veldkamp opgemerk.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 28/02/2024
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerk aangepas vanaf www.pexels.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here