Artikelbron: cne.news
In ’n stap wat Errol Naidoo van Family Policy Institute se waarskuwings oor die agenda teen die gesin en die huwelik bevestig, het die Franse politieke wetenskaplike, Emilia Roig, het ’n beroep gedoen dat die huwelik as instelling afgeskaf moet word.
Sy voer aan dat dit ‘n verouderde model is wat deur mans uitgedink is en die ongelykheid en onderdrukking van vroue in die samelewing laat voortduur. In haar boek, The End of Marriage, voer Roig aan dat die oorsprong van die huwelik was om slawe van vroue te maak en dat dit iets is wat bloot deur mans uitgedink is.
Sy glo solank daar ’n huwelik is, sal vroue aan die kortste end bly trek. Die huwelik is volgens Roig nie net ’n stuk papier by die registrasiekantoor nie; dit is ’n politieke en ekonomiese stelsel.
Roig self het die huwelik lankal afgeskaf en doen reeds jare lank navorsing oor feminisme en gelykheid. Sy glo nie in vroue se entoesiasme om te trou nie en voer aan dat die “sprokiesprentjie” van die huwelik wat op sosiale media uitgebeeld word, ’n dwaling is.
Ondersteun gerus Family Policy Institute (familypolicyinstitute.com/donate/) wat staan vir die beskerming van die huwelik, die gesin en godsdiensvryheid.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 30/03/2023
Foto: wikipedia.org
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.