Artikelbron: cne.news
Die jaarlikse March for Life word in Duitsland tradisioneel in September gehou tot op hede is dit jaarliks in Berlyn gehou. Dit optog is ʼn geleentheid vir Duitsers om protes aan te teken teen aborsie. Vanjaar sal dit in drie stede plaasvind en nie net in Berlyn nie.
Keulen sal vanjaar vir die eerste keer die optog saam met München aanbied. Die inisiatief het ten doel om publieke bewustheid oor pro-lewe-onderwerpe te versterk en die regering se benadering tot die reg op lewe uit te daag.
Die Voorsitter van die Federale Vereniging vir die Reg op Lewe, Alexandra Maria Linder, hoop dat meer mense sal deelneem noudat hulle nie meer al die pad na Berlyn hoef te reis nie.
Daar is onlangs ook ʼn March for Life in München gehou. Dit was die derde keer dat daar so ʼn optog in München gehou is. Sowat 4 000 mense het aan die optog deelgeneem. Daar was ook ʼn pro-aborsie-optog met ongeveer 100 deelnemers. Ondanks die vreedsame aard van die optog was daar 370 veiligheidsbeamptes in München teenwoordig.
Die optogte vind plaas teen die agtergrond van die federale regering se wetgewende prosesse, waarvolgens aborsie meer toeganklik gemaak gaan word en surrogaatmoederskap en bygestaande selfdood ook gewettig sal word.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 30/03/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit unsplash.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








