Artikelbron: CNE News
As dit van die burgemeester van die Franse stad Grenoble afhang, sal die nasionale Christelike vakansiedae vir “sekulêre” vakansiedae verruil word, berig CNE News. Éric Piolle streef daarna om herdenkings vir die Franse rewolusie, die afskaffing van slawerny en die LGBTI-gemeenskap in te stel. Sy idee het egter sterk teenkanting vanuit Christelike en konserwatiewegeledere in die land ontlok.
Ses van die elf vakansiedae in Frankryk is godsdienstig van aard. Die burgemeester wil dit vervang met ander gedenkdae om sodoende “ons gemeenskaplike verbondenheid met die Republiek” te vier.
Piolle het sy voorstel gemaak kort nadat die Franse ministerie van binnelandse sake die groot aantal skoolafwesiges tydens die Islamitiese vakansiedag Eid al-Fitr bevraagteken het. Dit is nie ’n amptelike vakansiedag in Frankryk is nie. Die omstredenheid wat gevolg het, het veroorsaak dat Piolle gepleit het om godsdienstige vakansiedae met sekulêre vakansiedae te vervang.
Verskeie media het ook negatief op Piolle se idee gereageer. In ’n meningstuk van die liberale tydskrif, Causeur, beskuldig skrywer Dominique Labarriere Piolle van bekrompenheid. “Vir hom is Frankryk in 1792 saam met die Republiek gebore. Voor dit, as ons hom glo, was daar niks anders as die afgryse en duisternis van die tirannie van die monargie nie. Dus, nuwe tye, nuwe kalender.”
Labierre merk verder op dat “mense gedurende die Franse Revolusie enige Christelike verwysing wou uitskakel en radikaal van hierdie “erfenis” wou wegbreek. In reaksie op die kritiek wat teen hom gerig is, sê Piolle dat hy nie die Christelike vakansiedae wil verbied nie, maar “die vakansiedae oop wil laat vir elkeen om te kies volgens hulle geloofsoortuigings”.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 07/06/2023
Foto: wikipedia.org
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.