Artikelbron: harbingersdaily.com
Die evangelis, Franklin Grahame het hom in harbingersdaily.com uitgelaat oor die stand van sake in Amerika. Hier volg ’n verkorte opsomming van sy mening.
“’n Paar weke gelede het ek die voorreg gehad om die Evangelie van Jesus Christus in Seoel, Korea, te verkondig by die 50ste herdenking van my pa se geskiedkundige 1973-veldtog, waar hy meer as drie miljoen mense toegespreek het. Die onlangse herdenkings geleentheid is deur ’n skare van 70 000 by Seoel se Wêreldbeker-stadion bygewoon. Ek het dieselfde Evangelieboodskap verkondig, en God se Gees het baie tot bekering en geloof in Christus gebring, net soos 50 jaar gelede.
“Ondanks die verloop van vyf dekades, bly die behoefte van die mens se hart onveranderd. ’n Nuwe generasie moet weet dat God hulle liefhet en vir hulle omgee, en ’n persoonlike verhouding bied deur bekering en geloof in Jesus Christus.
“Meer as sewe dekades lank verkondig die Billy Graham Evangelistiese Vereniging die eenvoudige Evangelieboodskap wêreldwyd getrou en werk saam met kerke en bedieninge wat hul passie vir evangelisasie deel.”
Aangesien die kanselleerkultuur van woke besighede, skole en instansies Christene teiken wat die getrou is aan die Evangelie, neem die vereniging proaktiewe stappe om voort te gaan om die Evangelie te verkondig. Die spreker het gewaarsku oor die uitdagings wat Christene in die gesig staar, maar het hulle aangemoedig om vas te staan te midde van die vyandigheid.
“Ek het die duisende teenwoordig by die konvensie gewaarsku dat ʼn storm op pad is en ons moet sorg dat ons gereed is want dit wil voorkom asof al die demone van die hel losgelaat is. Nog nooit tevore het ons in Amerika sulke openlike minagting van die Woord van God gesien nie. En wanneer ek sê ‘demone’, bedoel ek presies wat ek sê.
“Agter die minagting van Christus en haat vir sy volgelinge lê die bose, Satan, en sy bedrieglike bondgenote. Hulle oortref hulleself in die verspreiding van leuens, soos die oortuiging dat individue hulle geslag vrylik kan verander of ’n baba kan aborteer sonder enige gevolge. Die Bybel bevestig egter dat God die mens na Sy beeld geskape het en die lewe in die moederskoot het waarde en betekenis.
“Die grootste demoniese leuen van ons kultuur is dat ons almal basies goed is, sonder enige aanspreekbaarheid teenoor enigiemand behalwe onsself. Die Bybel sê: ‘Daar is nie een wat regverdig is nie, selfs nie een nie, daar is nie een wat verstandig is nie; daar is nie een wat na die wil van God vra nie … Daar is nie een wat goed doen nie, selfs nie een nie.’ – Romeine 3:10-12
“Die goeie nuus is dat Christus reeds satan aan die kruis oorwin het en sy tyd as ’n bedrieër en vernietiger is beperk. Ons moet op die onveranderlike waarheid van God se Woord staan en die vyand se goddelose taktiek verwerp. In Christus is ons meer as oorwinnaars, ongeag wat die kultuur mag sê.”
Lees die volledige berig by joynews.co.za
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 31/07/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.