Artikelbron: CNE.News 

Die Finse politikus, Päivi Räsänen, en die Lutherse priester, Juhana Pohjola, is vandeesweek weer in die hof, meer as ‘n jaar ná hul vryspraak. Die rede is die appèl deur die aanklaers. Die Christen-LP word daarvan beskuldig dat sy homoseksuele beledig het. Pohjola is aangekla omdat hy as redakteur ’n brosjure deur Räsänen gepubliseer het wat die huwelik en seksualiteit vanuit ’n Bybelse perspektief beskryf.

Nadat hulle verlede jaar op alle aanklagte vrygespreek is, het aanklaer Anu Mantila tydens die openingsverhoor van die appèl gesê dit is die Finse staat se plig om “menswaardigheid” te beskerm, berig  CNE.News. Mantila meen dit is ’n misverstand dat gelowiges enigiets kan sê, met verwysing na die Bybel. “Om die Bybel aan te haal is nie verbode nie, maar om kwesbare groepe te beledig is wel.” Räsänen se prokureur, Matti Sankamo, het die aanklaer daarvan beskuldig dat hy leuens versprei. “Sy het nooit gesê dat homoseksuele minderwaardig is ten opsigte van heteroseksuele nie.”

In gesprek met CNE.News het die prokureur gesê dat geen nuwe feite na vore gekom het in vergelyking met die strafregtelike verhoor in 2022 nie. Oor die appèl sê priester Pohjola: “Die aanklaer stel tradisionele Christendom gelyk aan diskriminasie en saai haat. Geen waarde word geheg aan die Bybelse oortuiging dat alle mense waardevol is omdat hulle deur God geskep is nie.”

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 04/09/2023
Foto: wikipedia.org

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here