Artikelbron: CNE News 

Europese lande is toenemend bekommerd oor die wydverspreide toegang tot pornografie deur minderjariges. Die Spaanse premier Pedro Sánchez het kommerwekkende statistiek aangehaal met een uit elke vier kinders onder 12 jaar wat reeds na pornografie gekyk het en byna die helfte van diegene onder 15 wat gereeld daarna kyk, berig CNE News. Sánchez het beklemtoon dat daar ’n oplossing vir hierdie probleem gevind moet word. “Dit is nie puritanisme nie. Pornografie affekteer ons tieners se opleiding en hulle gedrag in die toekoms oor onderwerpe soos gelykheid” het hy volgens die berig gesê.

Die premier bepleit nuwe wetgewing om pornotoegang vir minderjariges te blokkeer, na aanleiding van soortgelyke inisiatiewe in Italië en Frankryk. Dit lyk asof die neiging ooreenstem met ’n 2021-resolusie van die Raad van Europa, wat lande versoek het om hulle pornografiewette te heroorweeg.

Frank Heinrich, die voorsitter van die Duitse Evangeliese Alliansie, wat ‘n sleutelrol in die verslag van die Raad van Europa gespeel het, het ook beklemtoon hoe belangrik dit is om ouderdomsverifikasie verpligtend te maak om die gemak waarmee minderjariges toegang tot eksplisiete inhoud aanlyn kan verkry, teë te werk.

Hy het ook sy kommer uitgespreek oor die effek van pornografie op gesinsverhoudings en maatskaplike waardes. Volgens hom moet daar ’n groter fokus wees op die nadelige rol van pornografie – insluitend in Christen-kringe. “Maar ek dink te veel mense, insluitend Christen-leiers is self daarmee besmet,” het hy gesê.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 22/01/2024
Foto slegs ter illustrasie: pixabay.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here