Artikelbron: Facebook
Die sendingskip van Operasie Mobilisasie (OM), die wêreld se grootste drywende boekebasaar, die Logos Hope, sal Sondag in Richardsbaai anker gooi. Die sendingskip gaan Suid-Afrika vir vyf maande besoek en by van ons hawens aandoen.
Tydens die skip se tyd in Richardsbaai sal lede van die publiek die skip van Dinsdae tot Sondae, van 13:00 tot 19:00 kan besoek, behalwe op Saterdae wanneer die ure van 11:00 tot 19:00 sal wees.
Die skip sal op Maandae gesluit wees. Benewens ’n geleentheid om boeke, met meer as 5 000 titels oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe, teen billike pryse te koop, sal daar verskeie spesiale geleenthede vir almal wees. Toegang tot die skip is R10, maar is gratis vir kinders onder 12 en volwassenes ouer as 65.
Spesiale besoeke word ook vir skoolgroepe gereël.
Die datums vir elke hawe is:
- Richardsbaai — 21 Januarie tot 18 Februarie
- Gqeberha (PE) — 23 Februarie tot 17 Maart
- Oos-Londen — 21 Maart tot 9 April
- Durban — 8 Mei tot 2 Junie
- Kaapstad — 8 Junie tot 24 Junie
Vrywilligers
Die skip word deur 400 vrywilligers uit 60 nasies beman. Tydens sy hawebesoeke in Suid-Afrika sal spanne van die skip saam met kerke en plaaslike Christene bedien. ’n Deel van die span se visie is om Suid-Afrikaanse Christene vir sending te mobiliseer.
Logos Hope, wat tans in Maputo is, was die afgelope jaar langs die ooskus van Afrika. Nadat dit aan die einde van Junie uit Kaapstad sal vertrek, sal dit na Walvisbaai in Namibië vaar en dan verder op al langs die weskus van die vasteland.
Jy kan die skip se besoek aan Suid-Afrika op Facebook volg.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 22/01/2024
Foto’s: Facebook
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.