Artikelbron: www.charismanews.com 

Elon Musk het in Januarie op X gedeel dat ’n mens vir die heel eerste keer ’n Neuralink-breinskyfie-inplanting ontvang het en dat die herstel goed verloop.

Musk het op X geskryf dat aanvanklike resultate belowend is.

Hy het in ’n onderhoud met Brock Pierson gesê dat die pasiënt in staat was om “die rekenaarmuis te beheer, dit op die skerm te laat beweeg net deur te dink…”

Musk het ook aangekondig dat weergawe 1.5 van X se ‘Grok AI generator’ oor ’n paar weke uitgereik sal word.

Dit kom op die hakke van OpenAI se plan om $5 tot $7 triljoen dollar in te samel vir Sam Altman, die uitvoerende hoof, se ‘skyfieprojek’ om skyfiefabrieke in die Verenigde Arabiese Emirate te vestig.

Met die vinnige groei en uitbreiding van kunsmatige intelligensie (KI) voel dit asof die meeste van dit wat ons tans aanskou, in ’n wetenskapfiksierolprent hoort. Ons post-moderne tyd laat baie mense wonder oor werkvervangings, “deepfake”, die verspreiding van misleidende inligting en nog baie meer. Tog bied KI ons ook die vermoë om sommige take makliker te doen, insluitend Bybelvertaling om te help om die Groot Opdrag te vervul.

Namate kunsmatige intelligensie vorder, moet onderskeidingsvermoë gebruik word oor wat wel aanvaarbaar is volgens die Bybel en wat nie. Beide die positiewe en negatiewe gevolge moet oorweeg word deur diegene wat verskillende programme en tegnologieë skep en gebruik, insluitend of ons die merk van die dier na vore sien kom uit hierdie produkte of nie (Openbaring 13:17).

Dit is duidelik dat reuse-KI-maatskappye ’n groot rol sal speel in hoe ons samelewing funksioneer.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 02/03/2024
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerk aangepas uit www.commons.wikimedia.org

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here