Geskryf deur: Talia Wise
Artikelbron: www.charismanews.com
Duisende mense in die wêreld het onlangs jong volwassenes en tieners met spesiale behoeftes en gestremdhede vir die tiende jaarlikse Night to Shine vereer.
Die geleentheid is in 2015 deur die Tim Tebow-stigting geskep om die liefde van God op ’n praktiese manier te betoon.
“Ons glo in Jesus as ons grootste voorbeeld, Hy is ons “hoe” en die antwoord. Hy het ons genoeg liefgehad om alles op te offer sodat ons met God versoen kon word, en soos Jesus sy missie vervul het om ons van sonde en skeiding van God te red, het Hy ons ook gered vir die missie om die Evangelie te verkondig en mense lief te hê,” het Tim Tebow op X verduidelik.
“Deur God se genade het ons gesien hoe Night to Shine ’n katalisator is. Ons het gesien hoe duisende mense saam met ons dien en help om Night to Shine in ’n wêreldwye beweging te verander om die boodskap te verkondig dat elkeen met spesiale behoeftes inherent verdien om gevier te word; dat hulle geliefd is …” het Tebow gedeel.
Vanjaar se geleentheid is op 9 Februarie deur 725 kerke in 56 lande aangebied.
Tebow en sy vrou, Demi, kon vrywilligers en gaste by sewe verskillende Night to Shine-lokasies verras, insluitend geleenthede in Guatemala, Belize, Colombia, Brasilië en drie verskillende kerke in Ohio.
“Dit is goed vir die gesinne om hul kinders met ‘n glimlag op hul gesig te sien, want hulle is goed bekend met die harde werklikheid dat nie elke dag maanksyn en rose is nie,” het Kelly Harmody, ’n lid by Church of the Resurrection in Solon, Ohio, aan Fox 8 gesê.
Tebow het ook ‘n verskyning gemaak by Christ’s Church in Mason, Ohio, en op X geskryf, “So dankbaar vir elke kerk wat van die begin af by ons was, en vir al daardie ongelooflike kerke wat nou deel is—700+ vanjaar!”
Die missie van Night to Shine is “om geloof, hoop en liefde te bring aan diegene wat ’n helderder dag in hul donkerste uur van nood nodig het.”
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 01/03/2024
Foto: facebook.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.