Geskryf deur: James Lasher
Artikelbron: www.charismanews.com 

Amy Grant is op ‘n reis op soek na die positiewe aspekte van die lewe in die nasleep van haar 2022 fietsongeluk, wat gelei het tot ‘n breinbesering. Sy is in Julie 2022 in ’n fietsongeluk beseer en is destyds per ambulans na ’n plaaslike hospitaal in Nashville vervoer.

In ’n onlangse onderhoud met E! News, het Grant vertel van die skok toe sy ná haar vyf ure lange operasie wakker geword het.

Die ongeluk het ’n groot tol geëis op Grant, maar selfs in die lig van die gebeurtenis, het die goeie daaruit voortgespruit. Die fietsongeuk het veroorsaak dat ’n sist in haar keel, waarvan sy nie bewus was nie, vinniger begin groei het. Dit is toe spoedig ontdek en tydens die operasie verwyder.

Die pad na herstel was egter nie sonder sy uitdagings nie, aangesien Grant korttermyngeheueverlies moes hanteer, asook om haarself ná die beproewing te leer sing.

“Ek het steeds probleme met my korttermyngeheue. My balans is steeds ook nie heeltemal normaal nie. Ek het gisteraand ’n grap daaroor gemaak. Jy weet, soms loop ek rond asof ek dronk is en ek kan maar net daaroor lag,” deel Grant.

“Ek kan nie onthou wat ek nie kan onthou nie.”

Terwyl Grant steeds huiwerig is om terug op ’n fiets te klim in die nasleep van haar ongeluk, is sy nog baie lief daarvoor om te toer en is sy nie van plan om daarmee op te hou nie.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 02/03/2024
Foto: www.amygrant.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here