Artikelbron: www.angel.com/movies/cabrini

Die inspirerende nuwe rolprent van Angel Studios, Cabrini, sal op Internasionale Vrouedag – 8 Maart – in teaters in Suid-Afrika te sien wees.

Die rolprent is inspirerend, positief en heilsaam. Dit is gebaseer op die ware verhaal van ’n vrou, Francesca Cabrini wat in 1850 in Noord-Italië gebore is en haar stryd vir die gelykheid, gesondheid en voorspoed van Italianers wat destyds as immigrante na Amerika gereis het in die hoop op ’n beter lewe.

Alejandro Monteverde, die bekroonde regisseur van 𝘚𝘰𝘶𝘯𝘥 𝘰𝘧 𝘍𝘳𝘦𝘦𝘥𝘰𝘮, bied die kragtige verhaal van Cabrini, wat in 1889 in New York City aankom en gekonfronteer word met die uiters haglike omstandighede, siekte, verwaarlosing en geweld waaraan weeskinders (asook die res van die immigrante) blootgestel is. Cabrini pak ’n gewaagde sending aan om die vyandige burgemeester te oortuig om behuising en gesondheidsorg aan die mees kwesbares in die samelewing te bied.

Inspirende nalatenskap

Die brawe non het uiteindelik in die loop van 34 jaar wêreldwyd ’n verstommende 67 hospitale, kinderhuise en skole gestig. Haar energie is aangevuur deur ‘n intense fokus om Jesus te dien in wat hy ook al van haar gevra het en haar nalatenskap staan vandag nog.

Die rolprent is des te meer inspirerend omdat Cabrini geweldige struikelblokke te bowe moes kom: Sy het as kind amper verdrink en haar ouers is meegedeel dat sy nooit volwassenheid sou bereik nie, weens haar swak gesondheid en die feit dat sy ’n vrou is, is sy telkens gedwarsboom in haar roeping om na wesies om te sien. Sy was nietemin onstuitbaar in haar geloof en het die een kans wat haar gegun is met beide hande aangegryp.

Kyk hier na die lokprent

Te midde van chaos en armoede het Cabrini en haar metgeselle skole, weeshuise, hospitale en godsdiensklasse oral in Amerika gestig. Een van haar mees noemenswaardige prestasies sluit in die stigting van die Sacred Heart Orphan Asylum vir Italiaanse immigrantekinders in landelike West Park, New York, later herdoop na Saint Cabrini Home.

Sy is in 1917 in Chicago oorlede en is in 1946 deur Pous Pius XII as heilige gekanoniseer, en het in 1950 die beskermheer van immigrante geword. Vandag vervul die instituut wat deur Cabrini gestig is wêreldwyd steeds uiteenlopende rolle as opvoeders, verpleegsters, maatskaplike werkers, administrateurs en raadslede.

Die hoofrolle word onder meer vertolk deur Cristiana Dell’Anna (Gomorrah, Trust), John Lithgow (Third Rock from the Sun, Footloose, The Old Man), David Morse (The green mile, The rock, St. Elsewhere), Giancarol Giannini (Quantum of Solace, Casino Royale), en Federico Castelluccio (The Sopranos, El Cantante).

BESPREKINGS: gravelroadafrica.com/cabrini
GRATIS KAARTJIES: angel.com/tickets

Instagram: @cabrinifilm and @angelstudios_inc
Facebook: The Cabrini Movie and Angel Studios
X: Cabrini and Angel Studios
TikTok: Cabrini and Angel Studios
YouTube: Angel Studios

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 03/03/2024
Foto’s verskaf

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here