Artikelbron: www.christianpost.com 

Larry Page, die Google-medestigter, het glo vir Elon Musk gesê dat hy hoop om ’n super- kunsmatige
intelligensie (KI) te bou wat deur Musk as ’n “digitale god” beskryf is.

Volgens die 51-jarige miljardêr en tegnologiemagnaat, het die gesprek tussen hom en Page
plaasgevind toe hy by Page aan huis was in Kalifornië. Die twee was “hegte vriende”. “Ek sou tot laat
in die nag met hom gesels oor KI-veiligheid. My persepsie was dat Larry nie KI-veiligheid ernstig
genoeg opneem nie,” het Musk gesê en bygevoeg dat Page ’n “digitale super-intelligensie wou hê,
basies ’n digitale god … so gou as moontlik.”

Musk het gewys op ’n aantal openbare verklarings wat Page deur die jare gemaak het, wat wys dat
“Google se hele doel kunsmatige algemene intelligensie is (artificial general intelligence – AGI) of
kunsmatige super-intelligensie.”

Musk het ten tyde van sy gesprek met Page gesê, Google het reeds die “DeepMind” verkry en “het
reeds omtrent driekwart van al die KI-talent in die wêreld gehad.”

Hy het onthou hoe Page gereageer het toe Musk hom waarsku oor die potensiële gevare van KI-superintelligensie. Blykbaar het Page gesê Musk is ’n “spesieïs” toe Musk hom herinner het aan die
verantwoordelikheid om seker te maak dat die mensdom nie in gevaargestel word nie. [Spesieïsme
word gedefinieer as “die mens se oortuiging dat alle ander dierespesies minderwaardig is.” Die
definisie is op sigself ook problematies, want volgens die Christelike wêreldbeskouing is die mens nie
’n dierespesie nie.]

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 03/05/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerk van commons.wikimedia.org aangepas.

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here