Artikelbron: cvandaag.nl 

’n Eenvoudige gebed van ’n jong universiteitstudent het daarvoor gesorg dat ’n stadion in Oklahoma
gevul is met sowat 60 000 jongmense wat God in aanbidding verheerlik het. Die aanbiddingsleiers,
Kari Jobe en Chandler Moore, het die aanbidding gelei.

’n Studente-organiseerder, Joshua Robinson, het aan CBN News gesê: “Dit is regtig wonderlik dat
God steeds werk, al is dit deur gebroke mense.” Robinson, ‘n senior student aan die Universiteit van
Oklahoma, het verlede somer, lank voor die Asbury-herlewing, die idee gekry vir ’n massiewe
Saterdagdiens.

Hy het in ’n koffiewinkel gesit en met God gepraat. “Ek het daar gesit en probeer uitvind wat ek met
my lewe gaan doen. Ek het vir die Here gevra: ‘Wat is volgende, wat nou?’ Ek was gespanne en die
druk om nie te weet wat die toekoms inhou ná kollege nie, het swaar op my gerus. Ek het probeer
beplan en bid. Ek het iets in die Skrif probeer vind wat my duidelikheid oor my toekoms kon gee. En
tot my groot verbasing was die antwoord ‘vul die stadion’,” sê Robinson, wat die geleentheid toe ‘Vul
die stadion’ genoem het.

“Hierdie gebeurtenis is belangrik omdat ons generasie gebroke en verwond is,” het hy voortgegaan.
“Ons ken die probleme waarmee almal tans te doen het. Ons verstaan dat dit moeilike tye is
wanneer jy kwessies sien opduik soos geestesgesondheid, angs en depressie. Jy sien dat daardie
probleme hoogty vier, maar as ons voel dat ons die oplossing het, as ons weet dat Jesus die
antwoord is, versuim ons om ons taak te doen as ons mense nie daarvan vertel nie.”

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 03/05/2023
Foto: Skermskoot youtu.be

VRYWARING

JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here