Geskryf deur: International Christian Concern
Artikelbron: www.persecution.org
My naam is Isla, en ek is die oudste van ses sibbe, gebore en getoë in uiters Islamitiese stad. Al was ek ’n godsdienstige kind en het ek aan Koranstudie by ’n Islamitiese skool deelgeneem, het ek gesukkel om Arabies te verstaan en kon ek dit net lees.
Dit het daartoe gelei dat ek aspekte van ons geloof bevraagteken het, soos hoekom ons na Mekka moes kyk wanneer ons bid, wanneer God oral is, en waarom Hadj ’n vereiste vir aanbidding is wanneer nie almal dit kan bekostig nie. Hierdie vrae het my ma egter kwaad gemaak. Sy het my vermaan om op te hou om so baie te vra.
Uiteindelik het ek opgehou om vrae vir my ma te vra en ek het dinge onafhanklik begin bevraagteken. In 2004 het ’n verwoestende tsoenami ons stad getref. Ek was besig om in ’n moskee se visdam te verdrink. Die Here het my oë in die water oopgemaak sodat ek onder die water kon sien en ek het vir Hom gevra: “Waar is ek, Here?” Op daardie oomblik het ek tot God gebid vir duidelikheid en ’n kans om ’n normale lewe te lei.
In reaksie hierop het God my gelei om na die lug op te kyk en my van verdrinking gered. Hy het my aangespoor om antwoorde te soek. Dit was deur Efesiërs 2:8 dat ek my antwoord gevind het: “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God.”
In 2005 het ek by ’n humanitêre organisasie aangesluit en ’n jong Christen-man ontmoet wat my man sou word. Toe my ouers verneem van ons voornemens om te trou, was hulle woedend en het hulle bande met my verbreek en my onterf. My suster het my later oor my geloof uitgevra en ek het erken dat ek anders was. Sy het die oproep net daar beëindig. Op daardie oomblik het ek ’n roeping in my hart gevoel om te bewys dat die God wat ek volg, werklik is.
Ná die geboorte van ons eerste kind het ek probeer om na my ouers uit te reik om hulle in te lig van hul kleinseun se aankoms. My pa het my egter met geweld gedreig, wat ons gedwing het om na ‘n ander stad te verhuis. Vyf jaar later het ons die nuus van my pa se afsterwe ontvang en ons het met ons drie kinders teruggekeer om ons eer te betoon.
Ek vind vertroosting in die feit dat ek my Christelike geloof aan my familie gedemonstreer het, al beteken dit dat ek nie na my ouerhuis kan terugkeer nie en niks van hulle sal erf nie. Ek vertrou dat God vir my sal voorsien. Ek werk as ’n naaldwerkster en twee maande gelede is my man oorlede.
Onlangs het ek uitgevind dat ICC my kan bystaan om ’n huis vir ’n jaar lank te huur terwyl ek werk om volgende jaar se huur te spaar met die inkomste van my kleremakery. Ek is dankbaar teenoor ICC vir hul ondersteuning om ’n huis vir hierdie jaar te verseker.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 25/10/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerk van www.pixabay.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.