Artikelbron: cne.news/ 

’n Duitse taxibestuurder staar ’n potensiële boete in die gesig omdat hy dié woorde op sy taxi se agterruit vertoon: “Jesus – Ek is die Waarheid, die Weg en die Lewe.”

In Essen, die stad waar Jalil Mashali ’n taxibestuurder is, word dit as godsdienstige advertering beskou – iets wat sedert ‘n hofuitspraak van 1998 op taxi’s verbode is weens hulle openbare funksie.

Mashali stem nie saam nie en beskou dit as vryheid van uitdrukking eerder as godsdiensbevordering. Vir hom simboliseer die teks sy reis van ’n Moslem in Iran tot ’n Christen.

Hy het destyds weens ’n ernstige ongeluk in die hospitaal beland. Ná 20 operasies was hy desperaat omdat hy steeds nie gesond was nie. Hy het tot bekering gekom nadat hy ’n lewensveranderende ontmoeting gehad het met ’n Christen-vrou wat in die hospitaal vir hom gebid het. Die woorde op sy voertuig is volgens Mashali ’n manier vir hom om uiting te gee aan sy liefde vir sy geloof.

Duitse owerhede dreig egter met boetes van tot €10 000 en moontlike ontslag omdat die vertoon van godsdienstige tekste op taxi’s verbied word. Mashali het ’n prokureur gehuur om die boete te betwis en hoop vir begrip in ’n land waar hy, anders as in Iran, sy oortuigings openlik kan uitspreek.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 08/12/2023
Foto slegs ter illustrasie: unsplash.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here