Artikelbron: cvandaag.nl

Dit is altyd verblydend wanneer sportsterre hulle platform gebruik om openlik te getuig oor hulle geloof en sodoende hulle sporttalent en meegaande roem tot eer van God gebruik en moontlik ’n van hulle aanhangers tot geloof in Christus aanspoor.

Die Duitse gewigstootkampioen, Yemisi Oguleye, het onlangs tydens ’n onderhoud met die Duitse uitsaaier ARD, telkens na haar Christelike geloof verwys. Die 25-jarige atleet het die silwer medalje by die Wêreldkampioenskap in Glasgow verower. Sy het ’n vers uit die Bybel aangehaal wat haar aangemoedig het: “Wees sterk en vol moed” (Josua 1:9). “Ek het daardie boodskap in my gedra en dit het my aangemoedig om alles te gee,” het Ogunleye gesê. “My geloof gee my krag, want ek weet God het ’n plan vir my lewe.”

Die atleet het in die verlede deur ‘n moeilike tydperk gegaan weens twee kniebeserings. “Maar ek weet God het vir my ’n weg voorberei en ek is dankbaar daarvoor. Alle eer aan Jesus!” het sy vreesloos tydens die onderhoud verklaar.

Die dogter van ’n Nigeriese pa en Duitse ma het vroeër rassisme en afknouery ervaar. “Ek weet ek is geliefd. My velkleur speel geen rol hierin nie. Met of sonder ’n medalje is ek waardevol.”

Die sportvrou is lid van ’n kerk in Karlsruhe en sing in ’n gospelkoor. Haar 15 000 volgelinge op Instagram kan die teks “Nie ek nie, maar Jesus leef in my” in haar bio lees. In die komende maande sal Ogunleye vir die Europese Kampioenskappe en die Olimpiese Spele in Parys voorberei.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 19/03/2024
Foto: wikipedia.org

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here