Geskryf deur: Solidariteit Helpende Hand
Artikelbron: Artikel verskaf

Twaalf maatskaplike werkers van reg oor die land is pas ter viering van Maatskaplikewerkersdag as Hoopdraers van hul gemeenskappe bekroon.

“Internasionale Maatskaplikewerkersdag, wat vanjaar op 19 Maart gevier word, is nie net ‘n datum op die kalender nie. Dit is ‘n dag van eerbetoon, ‘n dag waarop ons die onbaatsugtige werk van maatskaplike werkers vier wat die stille bouers van hoop in ons samelewing is,” sê Christia Potgieter, hoof van die Solidariteit Helpende Hand se Maatskaplikewerkdienste-afdeling.

“Vir maatskaplike werkers is hul beroep nie net ‘n werk nie; dit is ‘n roeping. Om hierdie toewyding te erken, vat Solidariteit Helpende Hand en die Solidariteit se Beroepsnetwerke vir die derde agtereenvolgende jaar hande om maatskaplike werkers met die Hoopdraer-toekenning te vereer.”

Ontvangers van die toekennings is vroeër vanjaar deur die publiek genomineer vir hul passievolle toewyding en die bevordering, herstel en verbetering van maatskaplike funksionering in hulle gemeenskappe.

“Die doel van hierdie toekennings is nie net ‘n simbool van waardering nie, maar ‘n huldeblyk aan die individue wat die ekstra myl stap om ander te ondersteun en gemeenskapslede te help ontwikkel sodat gemeenskappe gesond kan funksioneer. Die 12 maatskaplike werkers wat vanjaar vereer is, het nie net ‘n verskil gemaak nie; hulle het diep spore van hoop en positiewe verandering nagelaat in die lewens van diegene wat hulle gedien het. Ons bedank hulle vir hulle onuitputlike toewyding, en ons vier die verhale van hoop wat hulle moontlik gemaak het,” sê Potgieter.

Hier is vanjaar se hoopdraers:

  • Janetta Uys van Mookgophong vir die Limpopo-streek
  • Tarina Hattingh van Secunda vir die Mpumalanga- en KZN-Noord-streek
  • Estelle van Aarde van Kathu vir die Noord-Kaap-streek
  • Nuansa Vogel van Klerksdorp vir die Noordwes-streek
  • Mariza Kitching van Amanzimtoti vir die KwaZulu-Natal-streek
  • Alida Jooste van Alberton vir die Oos-Rand-streek
  • Nicky McDonald van Pretoria vir die Pretoria-Oos-streek
  • Suzanne van Deventer van Pretoria vir die Pretoria-streek (wat die noorde, weste, Moot-gebied tot by Bronkhorstspruit insluit)
  • Claudia-Lee Hunter van Centurion vir die Sentraal-streek (wat sentrale Pretoria en Centurion insluit)
  • Mine Rynders van Welkom vir die Vrystaat-streek
  • Azille Visser van Bellville vir die Wes-Kaap-streek
  • Luandrie van den Berg van Krugersdorp vir die Wes-Rand- en Vaaldriehoek-streek

“Ons netwerk beskou dit as ‘n eer om hierdie toekenning aan maatskaplike werkers te gee, omdat ons die unieke toewyding en passie wat hulle vir hul werk het, waardeer. Selfs te midde van die uitdagings van ‘n swaar werkslading en emosionele uitbranding bly hulle vasberade om ‘n positiewe impak te maak. Die onwrikbare roeping wat hulle voel om ‘n verskil te maak in die lewens van ander is iets wat ons diep waardeer en bewonder,” sê Yvette Erasmus, netwerkorganiseerder van Solidariteit se Beroepsnetwerke.

Volgens Potgieter moet elke toegewyde maatskaplike werker op Internasionale Maatskaplikewerkersdag raakgesien word as ware bouer van hoop in die samelewing. “Hulle verdien nie net erkenning op hierdie spesiale dag nie maar ook ‘n blywende erfenis van waardering vir die uitsonderlike bydraes wat hulle elke dag maak,” sê sy.

  1. Janetta Uys, die Hoopdraer van die Limpopo-streek.

  1. (Van links na regs): Liza de Coning, voorsitter van Solidariteit Helpende Hand se Secunda-tak, Louise Zitzke, Helpende Hand streeks- maatskaplike werker, Tarina Hattingh, die Hoopdraer van die Mpumalanga en KwaZulu-Natal-streek, en Henda van Deventer, Solidariteit Netwerk-organiseerder.

  1. (Van links na regs): Estelle van Aarde, die Hoopdraer van die Noord-Kaap-streek, Somé Ferreira, Solidariteit Helpende Hand se streeks- maatskaplike werker, en Adele Rossouw, Solidariteit Netwerk-organiseerder.

  1. Nuansa Vogel, die Hoopdraer van die Noordwes-streek.

  1. Mariza Kitching, die Hoopdraer van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal-streek.

  1. (Van links na regs): Bianca Oosthuyzen, Solidariteit Helpende Hand streeks- maatskaplike werker, Alida Jooste, die Hoopdraer van die Oos-Rand-streek, en Ryno Niemand, Solidariteit Netwerk-organiseerder.

  1. Voor is Wayne Onselen en sy kollega Nicky McDonald, die Hoopdraer van die Pretoria-Oos-streek. Agter is Bianca Steyn, Solidariteit Helpende Hand streeks- maatskaplike werker, en Bianca Smit, Solidariteit Netwerk-koördineerder.

  1. (Van links na regs): Zane Babinszky, Solidariteit Helpende Hand streeks- maatskaplike werker, Suzanne van Deventer, die Hoopdraer van die Pretoria-streek, Bianca Smit, Solidariteit Netwerk-koördineerder, en Bianca Steyn, Solidariteit Helpende Hand streeks- maatskaplike werker.

  1. (Van links na regs): Claudia-Lee Hunter, die Hoopdraer van die Sentraal-streek, Bianca Smit, Solidariteit Netwerk-koördineerder, Zane Babinszky, Solidariteit Helpende Hand streeks- maatskaplike werker.

  1. Mine Reynders, die Hoopdraer van die Vrystaat-streek.

  1. Azille Visser, die Hoopdraer van die Wes-Kaap-streek.

  1. Luandrie van den Berg, die Hoopdraer van die Wes-Rand en Vaaldriehoek-streek.


Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 19/03/2024
Foto’s verskaf

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here