Artikelbron: www.breakingchristiannews.com

Die Lions-klub in Albany, Kalifornië het meer as 50 jaar gelede ’n reusekruis op ’n heuwel laat oprig om ’n boodskap van God se liefde oor te dra en te dien as ’n teken van vertroosting. Die kruis is tydens Kersfees en Paasfees verlig. Dit is ook tydens die herdenking van die 9/11-terreuraanvalle verlig.

In 2016 het ’n ateïstegroep ’n klag oor die kruis ingedien en die volgende jaar het die stadsraad die elektrisiteit na die heuweltop afgesny.

Volgens die Bay Area News Group sê kritici die kruis “simboliseer ’n voorkeur van een godsdiens bo ’n ander, is aanstootlik vir sommige lede van die stad se diverse gemeenskappe en herinner ’n mens aan Ku Klux Klan (KKK) van die 1920’s …”

Die kruis is toe in 2023 afgebreek omdat ’n regter gesê het dat dit die Amerikaanse grondwet oortree het.

“Ek dink hulle het die stad Albany ’n blou oog gegee,” het Kevin Pope, die president van die Albany Lionsklub, aan die Bay Area News Group gesê. “Daar is baie mense wat daarvan hou om daar bo te wees – baie mense gaan daarheen en bid en hou kerkdienste. Dit is vir ons heilige grond en om dit af te breek, wys hul onverdraagsaamheid teenoor Christelike waardes.”

Pacific Justice Institute verteenwoordig nou die Lions-klub en hulle beplan om hierdie saak tot by die hooggeregshof te neem indien nodig.

“Dit is ’n bose, blatante, antigrondwetlike, diskriminerende optrede deur die Stad Albany. En dit is wat hierdie saak so skokkend maak,” het die groep se prokureur gesê.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 03/05/2024
Foto: Ed U. via Yelp

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here