Deur Lynette Leibach
Artikelbron: www.opendoors.org.za

Die uitvoerende direkteur van Geopende Deure Suider-Afrika, Lynette Leibach, het onlangs die volgende oor die werklikheid van ons geloofsfamilise se lyding in Indië aan vriende en vennote van Geopende Deure gerig.

Beste vennoot en vriend

Om oor die werklikhede te lees wat ons geloofsfamilie in Indië in die gesig staar, herinner my dadelik aan die skrif in Paulus se brief aan die Korintiërs: “In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie; ons word vervolg, maar nie deur God verlaat nie; op die grond neergegooi, maar nie vernietig nie.” (2 Kor 4:8-9)

Ons familie in Indië beleef tans ʼn situasie soos die vroeë Kerk. Hulle verduur vals aanklagte, tronkstraf, geweld en teistering. Dit is alles weens radikale nasionalisme wat deur Hindoe-ekstremiste en hul Hindutva-ideologie gedryf word. Sodoende word daar geen ruimte vir godsdiens- en geloofsvryheid gelaat nie. Gevolglik word kerkleiers dikwels geteiken, wat die kwesbaarheid van hul kerklede verhoog en dissipelskap ontwrig. Hierdeur word die grootste skade aangerig.

Dit is waarom Indië se verkiesingsuitslag vanjaar ʼn beduidende invloed sal hê om die vyandigheid teenoor Christene in dié land te vererger of te verminder. En waarom dit so inspirerend is om die verhaal van Laxman, wat in die aangesig van vervolging volhard, te lees.

Bid saam met my dat die Here die lewens van ons familie in Indië sal bewaar. En soos Paulus ook geskryf het, dat hulle nie moed sal verloor nie en hul oë op die onsigbare gevestig sal wees sodat die genade al meer mense kan bereik en danksegging kan oorloop tot eer van God.

Nou op ʼn meer persoonlike noot, ek is só dankbaar vir jou belangstelling, ondersteuning en gebede. As jy iemand ken wat sou belangstel om meer te weet oor die kwesbaarheid en oorwinning van ons geloofsfamilie wat Jesus op gevaarlike plekke volg, vra hulle om in te teken op ons gereelde e-posse of WhatsApp-kommunikasie.

Ondersteun gerus Geopende Deure op hierdie skakel te klik www.opendoors.org.za

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 03/05/2024
Foto slegs ter illustrasie: pixabay.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here