Deur Almarie du Preez
Artikelbron: JUIG! Tydskrif

Die gewilde Ester-vrouekonferensie is onlangs by die Vriend van God-kerk in Goodwood gehou. Met ds. Elza Meyer se uitstekende geestelike lering en wonderlike aanbidding saam met Ryno Turketti was die dag ’n geleentheid wat liggaam, siel en gees gevoed het. God se visie vir hierdie konferensie was reeds tydens die beplanningsfase vir stasiebestuurder Wanda Bam duidelik: “Om deur die klankgolwe van Kaapse Kansel 729AM vir Jesus met die boodskap van vergifnis en gehoorsaamheid terug te bring na ons huise, huwelike en gemeenskappe.”


Die bedieningspan wat Wanda en Elza bygestaan het om die konferensie onvergeetlik te maak.

Praktiese lering
Om hierdie visie te verwesenlik het die Ester-konferensie soveel meer ingehou as die lekkerte van saam kuier. Die span was diep bewus daarvan dat elke vrou ná afloop van die dag weer na haar eie omstandighede en unieke uitdagings sou terugkeer. Daarom was ds. Elza se inhoud prakties van aard sodat elke vrou dit haar eie kon maak en soos ’n geskenk met haar kon saamneem huis toe.

Groot behoefte
Die feit dat een dame vyf verskillende taxi’s geneem het om die konferensie by te woon, dui aan hoe groot vroue se behoefte aan Jesus is. Waar anders as in die teenwoordigheid van God kan hulle saam God se wil vir hul lewens ontdek? Tydens die afsluiting kon elke vrou onder deur ’n blommeboog loop as simbool van dít wat agterlaat is en dít waarna nou uitgestrek word. Ds. Elza het elke vrou met unieke Woord bedien. Wat ’n voorreg om vroue te wees wat ons denke, woorde en dade rig om Jesus aan die wêreld ten toon te stel.


Dames is begelei om hulle volle nuwe identiteit “aan te trek” en daarin te wandel.

Vat hande met Kaapse Kansel
Indien jy graag op hoogte wil bly van alle damesgeleenthede wat deur Kaapse Kansel aangebied word of moontlik ’n donasie wil gee om die projekte te bevorder, stuur jou navraag na info@kaapsekansel.co.za. Besoek gerus ook die webtuiste kaapsekansel.co.za.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer 18/05/2024
Foto’s verskaf (Kaapse Kansel)

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here