Artikelbron: cvandaag.nl
Mike Pence sal oor ’n week aankondig dat hy homself ook as kandidaat aan die Amerikaanse presidensiële verkiesing gaan deelneem, berig verskeie Amerikaanse media. Pence was Donald Trump se visepresident en is ’n stoere Christen.
Dit beteken Pence sal teen sy voormalige gaan meeding. Hulle het lank ’n goeie verhouding gehad, maar dinge het skeefgeloop toe Trump nie vir ’n tweede termyn herkies is nie en die verkiesing verloor het teen Joe Biden, die huidige president van Amerika. Trump het geweier om die resultaat te aanvaar terwyl Pence dit wel gedoen het. Daarom was daar nogal spanning tussen die twee. Ná die bestorming van die Capitol-gebou in Washington het dit gelyk of die verhouding tussen Trump en Pence vir goed afgekoel het. Pence het aangevoer dat Trump sy vrou en kinders in gevaar stel deur die oproeriges aan te moedig.
Die 63-jarige Pence sal na verwagting volgende week in Iowa aankondig dat hy hom as president wil verkiesbaar stel. Dit lyk egter onwaarskynlik dat hy namens die Republikeine aan die verkiesings sal deelneem. Pence kan net op sowat vier persent steun binne die Republikeine staatmaak. Trump is steeds baie gewild. Meer as die helfte van die party se ondersteuners steun hom steeds.
Pence het in die verlede talle kere oor sy geloof in God en Jesus gepraat. Hy maak ook wyse keuses. Hy hou byvoorbeeld geen vergadering alleen saam met ’n vrou nie omdat hy dit belangrik ag om altyd sy eie vrou die versekering te gee dat hy getrou aan haar is. Hy is ook uitgesproke pro-lewe. Voorheen het Pence gesê hy is ’n Christen, ’n pa en ’n Republikein en “in daardie volgorde”.
Pence het in aanloop tot die vorige verkiesing ’n treffende beroep gedoen: “Ek wil jou aanmoedig om jou hoof te buig en op jou knieë te gaan in die dae van hierdie verkiesing. Bid vir ons land. Moenie bid dat God aan ons kant sal wees nie, maar dat ons aan sy kant sal wees.”
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 02/06/2023
Foto: wikipedia.org
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.