Artikelbron: ksb.org.za

Ds. Erlo Stegen (88), die stigter en direkteur van die KwaSizabantu-sending in KwaZulu-Natal (KZN) is
Dinsdag oorlede.

Stegen is gebore op die plaas, Paardefontein, in KZN en het op ’n baie vroeë ouderdom God se
roepstem gehoor en sedertdien sy lewe aan God se werk gewy. “Sy grootste passie was om mense
vir Christus te wen,” het die sending in ’n persverklaring gesê.

Hy het ’n “kragtige en blywende band” met die Zoeloe-nasie gevorm en “sy keuse om te glo soos die
Skrif sê, het gelei tot ’n groot uitstorting van die Heilige Gees in 1966” wat “uitgeloop het op dekades
van herlewing,” lui die persverklaring.

“Erlo was ‘n innoverende en invloedryke visioenêre leier. Baie buitestasies van die sending is uit sy
bediening gebore. Hy het instellings van onderwys asook besighede gestig en humanitêre projekte
geïnisieer,” lui die verklaringSept.

In ’n boodskap van medelye sê die premier van KZN, Nomusa Dube-Ncibe: “Eerwaarde Erlo Stegen
se bydraes tot die geestelike, ekonomiese en sosiale struktuur van KwaZulu-Natal was geweldig, en
sy verlies sal diep gevoel word deur almal wie se lewens hy aangeraak het. Sy toewyding aan sy
geloof en sy onvermoeide pogings om vrede, eenheid en deernis te bevorder het ’n onuitwisbare
merk op die harte en denke van baie gelaat.”

Die premier sê dat ds. Stegen jarelank bygedra het tot die ekonomiese groei van KZN, deur die
sending se plaas en fabriekswinkel wat vir baie mense werk verskaf het, deur die Radio Khwezi –
gemeenskapsradiostasie en die sendingskool, Domino Servite School.

Die begrafnis sal op 8 Oktober 2023 om 10:00 by die KwaSizabantu-sending gehou word.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 29/09/2023
Foto: ksb.org.za

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here