Geskryf deur: Adelle Viljoen
Artikelbron: JUIG! Tydskrif
Ek het as klein dogtertjie reeds my hart vir Jesus gegee. Deur die jare was Jesus my enigste hoop en anker, en ek het al soveel ervarings in geloof met Hom gehad. Ek is nie ’n vreeslike prater nie, maar skryf so graag elke wonderwerk neer. Wanneer ek terug kyk, is my hele lewe eintlik net een groot wonderwerk.
Goddelike aansporing
Een van hierdie wonderwerke het gebeur toe my man ’n Evangelie-kursus aangebied het. Ek het dit ook bygewoon. Ons huiswerk was om met vyf persone oor Jesus se verlossingswerk te praat. Soos altyd het ek eers gebid en my sussie se naam het heel eerste by my opgekom. Op daardie stadium het sy al drie maande in die intensiewesorgeenheid gelê.
Wanneer die Here lei
Dit het swaar op my hart gedruk. “Dis reg,” het ek gesê, “ons sal Woensdag vir haar gaan kuier.” “Nee,” sê die Here, “gaan Maandag.” Ons ry toe die Maandagoggend vroeg. Ons het gebid dat ons haar sal kan sien en, bo alles, dat sy wakker sou wees.
Gebede beantwoord
Toe ons by die hospitaal aankom, het hulle ons toegelaat om buite besoektyd in die intensiewesorgeenheid in te gaan! My suster Santie was ook by haar volle bewussyn en sy het ons herken! Ek het haar gevra of sy Jesus wil aanneem, sy het haar kop geknik. Soos ek saam met haar gebid het, het daar trane van vrede en genade oor haar wange geloop. Vrede het oor my gespoel.
Tuis by Jesus
Teen daardie Woensdag was sy nie meer haarself nie, en die Vrydag het sy saggies verhuis na haar nuwe woning by Jesus, verlos van 22 jaar se siekte en pyn. Met haar begrafnis het ek soveel vrede ervaar. Dankie, Jesus. “Maar nou het die vryspraak deur God waarvan die wet en die profete getuig, in werking getree. Dit is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie, maar deur in Jesus Christus te glo. God gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo” – Romeine 3:21-22.
As jy jou wonderwerkoomblik met ons wil deel, stuur ’n e-pos na info@juig.co.za.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 23/10/2024
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.