Artikelbron: www.gatewaynews.co.za 

Freedom of Religion South Africa (FOR SA) berig dat die Kommissie vir die Bevordering van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Linguïstiese gemeenskappe (CRL-regtekommissie) die geloofsgemeenskappe van Suid-Afrika ’n seldsame en belangrike geleentheid bied om aan ’n godsdiensvryheidsopname deel te neem. 

Die bedoeling met die opname is om die gesondheid van godsdiensvryheid in Suid-Afrika te peil en sal tot ’n amptelike verslag lei wat ’n beduidende wetlike uitwerking sal hê rakende die rigting van toekomstige regeringsbeleid en -wette, sê FOR SA.

Die sperdatum vir indienings is om 12:00 op Vrydag 29 September. 

FOR SA doen ’n beroep op godsdiensorganisasies en gelowiges “om nie hierdie geleentheid mis te loop om jou sê te sê oor sommige van die mees kritieke areas waar ons grondwetlik gewaarborgde reg op godsdiensvryheid na ons mening in die gedrang is.”

Om jou te help om op sommige van die vrae in die opname te reageer, het die FOR SA-webwerf ’n spesiale bladsy wat hulle konsepantwoorde op die vrae vir jou inligting en oorweging insluit. 

 Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 12/09/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerk van  www.unsplash.com aangepas. 

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here