Geskryf deur: Artikelbron: www.jubileecampaign.online 

Christene wêreldwyd word deur vervolging in die gesig gestaar, byvoorbeeld in Noord-Korea waar ’n kommunistiese regering hulle na konsentrasiekampe stuur of in die Midde-Ooste waar hulle deur Moslems vervolg word en in Afrika-lande waar etniese faktore tot hul lyding bydra.

Jubilee Campaign, ’n Christelike menseregte-organisasie wat konsultasiestatus by die ekonomiese en sosiale raad van die Verenigde Nasies (VN) geniet, wil buiten die verslae oor die vervolging ook oplossings help vind. Die organisasie fokus op spesifieke gevalle waar sy kundigheid tel en het dus konkrete resultate gelewer. Onlangs het die organisasie die vervolging van Christene in Pakistan en Nigerië tydens die vergadering van die VN se menseregteraad in Genève aangeroer.

In Pakistan het Joseph Janssen die algemene vergadering op 10 Julie toegespreek en die menseregteskendings uitgelig. Op 11 Julie het die span saam met die Europese Sentrum vir Reg en Geregtigheid die geleentheid gekry om oor Christen-vervolging in Pakistan en Nigerië te praat, met die klem op die berugte “lasterwette” wat geweldige lyding vir Christene in hierdie lande veroorsaak.

Die span het noemenswaardige deelnemers gehad, insluitend die VN se spesiale rapporteur vir godsdiensvryheid, Nazila Ghanea, en Kola Alapinni, ’n menseregte-advokaat van Nigerië, wat Yahaya Sharif Aminu verdedig, ’n Soefi-sanger wat ingevolge die Sharia-wet ter dood veroordeel is vir beweerde godslastering in sy musiek.

Fatima Njoku, ’n advokaat van die Stefanos-stigting, het gepraat oor die haglike menseregtesituasie in Nigerië. Die Stefanos-stigting, ondersteun deur Jubilee Campaign, werk al meer as twee dekades lank om meer as twee miljoen ontheemde Christen-vlugtelinge te help wat in moeilike omstandighede lewe as gevolg van aanvalle deur Fulani-militante en ander kriminele bendes wat die Islamitiese invloed wil uitbrei.

Tydens die aanbiedings by die VN het Ghanea ’n formele verklaring aan die Nigeriese regering uitgereik waarin kommer uitgespreek is oor die arrestasie van Rhoda Jatau, ’n Christen wat sedert 2022 in die tronk is omdat hy na bewering godslasterlike teksboodskappe gestuur het.

Hierdie aktiviste dra onbaatsugtig by, gemotiveer deur hul opregte begeerte om die voortdurende onreg wat hul medegelowiges en landgenote moet verduur, te help bekamp. Hulle toewyding word waardeer en Jubilee Campaign bid vir hulle seën en beskerming wanneer hulle terugkeer huis toe.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 04/08/2023
Foto: jubileecampaign.online

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here