Geskryf deur: Billy Hallowell Artikelbron: www.charismanews.com

’n Vooraanstaande lid van die Britse Hoërhuis gaan voort om alarm te maak oor die voortdurende blokkade in Nagorno-Karabach, ’n klein strekie tussen Armenië en Azerbeidjan. Sy waarsku dat die Armeense Christene wat daar woon, ’n gebrek aan voedsel, hulpbronne en ander benodigdhede het.

Barones Caroline Cox, ’n jarelange parlementslid, het CBN se Faithwire oor die streek se geskiedenis vertel en hoekom sy voortgaan om te pleit namens dié wat daar woon.

“Armenië was die eerste nasie van die wêreld wat Christene geword het … in 301 n.C.,” het Cox gesê. “En die landjie Nagorno-Karabach is deel van antieke Armenië. Armeniërs woon reeds 1 700 jaar lank daar. ’n Mens tref van die oudste kerke en klipkruise in die wêreld in daardie klein landjie aan.”

Dié geskiedenis word nou volgens Cox bedreig. Sy was al sowat 90 keer in die streek en sê die huidige konflik tussen Armenië en Azerbeidjan oor Nagorno-Karabach het ’n “situasie van tragedie en konflik” veroorsaak.

Ná sommige van die skermutselings in 2020, beheer Azerbeidjan nou ’n “aansienlike deel van die grondgebied” en het volgens Cox glo “ten minste drie kerke” vernietig.

Soos CBN se Faithwire breedvoerig berig het, het die mees onlangse chaos in die streek op 12 Desember begin, toe individue wat hulle as Azerbeidjanse betogers geïdentifiseer het, die Lachin-korridor, die enigste pad na en uit Nagorno-Karabach, geblokkeer het. Dit verhoed dat voedsel, medisyne en noodsaaklike vervoer gehalt.

“Daar is ’n groot tekort aan kos en medisyne … en baie lyding,” het Cox gesê en opgemerk dat Azerbeidjan ook ” dikwels die elektrisiteitstoevoer afsny”.

Dit het probleme met verhitting en selfs vir boerdery geskep, wat dit moeiliker gemaak het om voedsel en hulpbronne te kweek. Cox het haar ontsteltenis oor die maande lange blokkade uitgespreek en beweer dat dit “met straffeloosheid” en sonder genoeg teenstand van die internasionale gemeenskap gedoen word.

“Daardie blokkade van die pad kan … die begin wees van nog ’n volksmoord van mense wat van hongersnood kan omkom,” het Cox gesê. “Niemand het daardie blokkade na die pad uitgedaag of verwyder nie en, soos genoem, veroorsaak dit enorme lyding.”

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 04/08/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit unsplash.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here