Artikelbron: cvandaag.nl 

Die Christen-verpleegster wat verlede week saam met haar dogter in Haïti ontvoer is, is steeds in die hande van ’n kriminele bende. Die bende wil na bewering ’n losprys van $1 miljoen hê in ruil vir die twee se vrylating, berig verskeie Amerikaanse media. El Roi Haiti Ministry het Maandag in ’n persverklaring gevra vir gebed.

Die Amerikaner, Alix Dorsainvil, kom al jare lank na Haïti. Dit het in 2010 begin, kort ná die aardbewing wat die land verwoes het. Daarna het sy ’n hart vir die mense van die land ontwikkel en telkens teruggekeer om hulp te verleen. In 2020 het sy as ’n verpleegster in die onderwyssentrum van El Roi Haiti-bediening begin werk. ’n Jaar later is sy met Sandroi Doirsainvil getroud en die twee saam ’n dogter gehad. Sandroi is die stigter van El Roi Haïti Ministry

Alix en haar dogter is verlede Donderdag ontvoer. Sy was besig om pasiënte by die kliniek te help toe sy ontvoer is.  

Dit is al jare lank reeds baie onveilig in Haïti. Die land beleef die een krisis ná die ander en gewelddadige bendes trek voordeel hieruit. Hulle verdien onder meer geld deur burgerlikes te ontvoer en lospryse te eis. Christene, kerke en Christelike organisasies is gereeld die teikens van die geweld van hierdie bendes.  

In 2021 is ’n groot groep Amerikaanse sendelinge in die land ontvoer. Dit het mans, vroue en kinders betrek. Die bende wat hulle gyselaar gehou het, het ’n losprys van 1 miljoen per gyselaar geëis. Uiteindelik is van die gyselaars vrygelaat en die res van die ontvoerde Christene het ontsnap. 

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 03/08/2023
Foto: El Roi Haïti

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here