’n Gholfspeler wie se ma oor sy loopbaan geprofeteer het, het sy dank aan God uitgespreek ná sy oorwinning by die Amerikaanse Ope.

Wyndham Clark het ná sy oorwinning met die pers gepraat en gesê: “Hierdie oorwinning is deel van God se plan vir my.”
http://


Toe hy gevra is oor sy stryd met geestesgesondheid ná sy ma se heengaan tien jaar gelede, het hy gesê: “Ek is regtig bly ek het vasgebyt. God het ’n plan vir my en dit is natuurlik baie groter as wat ek my ooit sou kon voorstel. Ek voel so geseënd om hier te kan staan. Dit is surrealisties om terug te kyk op my paadjie die afgelope sewe tot tien jaar.”

Tydens ’n uitdagende fase vroeg in sy gholfloopbaan het Clark se ma vir hom gesê: “Jy gaan die PGA-toer haal en jou stryd sal ’n getuienis van God se genade en jou Christelike geloof wees.”

Die PGA organiseer professionele gholftoere in die Verenigde State van Amerika en Noord-Amerika.

View this post on Instagram

A post shared by ESPN (@espn)


Die 29-jarige gholfspeler van Denver, Colorado, se ma is oorlede toe hy 19 was. Op die tweede herdenking van haar dood, agt jaar gelede, het hy op Instagram hulde aan haar gebring. Sy opregte huldeblyk het gelui: “Ek sal nooit werklik weet hoekom God mense op so ‘n jong ouderdom van hierdie aarde af wegneem nie, maar ek weet my ma is op ’n beter plek en geniet die ewigheid saam met Jesus. Ek mis jou so baie, en ek kan nie wag tot die dag dat ek jou weer kan druk nie. My liefde vir jou strek tot by die maan en is so wyd en groot soos die blou lug …”

Die byskrif is deur ’n foto van haar grafsteen vergesel met dié woorde: “Het die Here liefgehad. Sy het lewens ten goede verander.”


Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 28/06/2023
Foto: www.instagram.com/wyndhamclark

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here