Artikelbron: Christian Today 

Byna 25% van die Britse jongmense sou volgens ’n onlangse meningspeiling ten gunste wees van ’n verbod op die Bybel, berig Christian Today. Volgens die jongmense wat ondervra is, moet boeke wat “haatspraak” bevat, verbied word en dit sluit volgens hulle die Bybel in.

Verlede maand het die Britse navorsingsfirma, Whitestone Insights, 2 088 Britse volwassenes gevra of hulle saamstem met die volgende stelling: “Tensy die aanstootlike dele uitgesny kan word, moet boeke wat sommige as haatspraak beskou, vir algemene verkope verbied word, insluitend, indien nodig, godsdiensboeke soos die Bybel?”

Jongmense tussen 18 en 34 jaar oud stem meestal saam met hierdie stelling (23%), gevolg deur 35 tot 54-jariges (17%). Mense ouer as 55 het die minste saamgestem (13%).

Lois McLatchie, van die Alliance Defending Freedom UK, het haar kommer oor die resultate in ’n GBNews-uitsending uitgespreek. Sy het gesê dat die Verenigde Koninkryk net na Finland hoef te kyk om die gevolge te sien van “sensuur van Christene.”

“Ons het dalk nie meer ’n Christelike meerderheid hier in Brittanje nie. Dit is selfs meer rede om vryheid van spraak en geloof vir almal te beskerm,” het McLatchie gesê.

Sy het gesê dat “kommerwekkende stappe in die rigting van sensuur is reeds geneem is” onder die konserwatiewe regering, insluitend die arrestasie van straatpredikers omdat hulle die Bybel in die openbaar aangehaal het en pro-lewe-kampvegters wat na die hof geneem is vir stil gebede naby aborsieklinieke.

“Ons het ’n sterk verdediging van godsdiensvryheid nodig deur diegene wat ons wette maak; ons moet die ‘wees vriendelik’-generasie opvoed oor die ware haatlike gevolge van sensuur voordat hierdie soort denke die werklikheid verder binnesluip.”

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 07/12/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit unsplash.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here