Artikelbron: www.jesusfilm.org
Die Jesus Film Project het aangekondig dat hulle ’n geanimeerde weergawe van die 1979 JESUS-rolprent in Desember 2025 gaan uitreik.
Die nuwe rolprent se regisseur, Dominic Carola, het aan ander animasierolprente soos The Lion King, Mulan en Lilo & Stich gewerk.
“Ons werk daaraan om die ware verhaal van Jesus pragtig geanimeerd aan te bied en om Sy storie meer toeganklik vir die wêreld te maak,” het Carola gesê.
Hulle beplan om die rolprent in meer as 2 000 tale te vertaal en dit in teaters wêreldwyd bekend te stel.
“Dit is fantasties om deel te wees van die deurgaande verspreiding van die verhaal van Jesus,” het Josh Newell, die uitvoerende regisseur van die rolprent, gesê.
“Selfs in 2023 deel ons steeds die Evangelie in nuwe tale en op nuwe maniere,” het hy bygevoeg. “Die manier hoe die verhaal van Jesus versprei word, het deur die geskiedenis heen ontwikkel, van die Romeinse paaie tot by die Gutenberg-drukpers, tot vandag deur middel van animasierolprente.”
Miljoene mense het volgens die maatskappy besluit om Christus te volg nadat hulle na die oorspronklike rolprent gekyk het.
“Dit gaan nie oor ’n rolprent nie, dit gaan oor Jesus,” het een van die projek se werkers in ’n promosievideo gesê. “Dit is die missie.”
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 06/03/2023
Foto: jesusfilm.org
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








