Artikelbron: cvandaag.nl
Volgens ’n berig van cvandaag.nl het die Annobonese en Jebala-mense nou toegang tot die Nuwe Testament in hulle eie taal, danksy ’n Bybelvertalingsinisiatief in Spanje genaamd, Promotora Española de Lingüística (PROEL). PROEL werk al vir sowat 15 jaar aan hierdie vertalings en streef daarna om inheemse tale en minderheidstale te bevorder. Daar is steeds ten minste 130 miljoen mense in die wêreld wat ’n Bybelvertaling in hul eie taal nodig het.
PROEL glo dat almal geroep is om deel te neem aan die vervulling van die Groot Opdrag en hulle streef daarna om dit oor taalgrense heen te doen. Die gebiede waar die organisasie nou aktief is, is in die verlede deur Spanje gekoloniseer en PROEL glo die projek kan help om beter bande met die gebiede te bou.
Fa d’Ambu of Annobonese Kreools, ook bekend as Annobonees, is ’n taal wat deur sowat 10 000 mense gepraat word, hoofsaaklik op die eiland Annobón, wat aan die deelstaat Ekwatoriaal-Guinee behoort. Benewens die vertaling van die Nuwe Testament, het die Annobonnese ook toegang tot die rolprent, The Gospel of Luke, wat in hul moedertaal vertaal is.
Die Jebala-volk is ’n etniese groep wat hoofsaaklik in die noordweste van Marokko woon, in die streek bekend as Jebala-land. Hulle moedertaal is Jebali-Arabies en hulle het dus nou vir die eerste keer ’n eie vertaling van die Nuwe Testament wat deur die Spaanse Bybelgenootskap gedruk is.
PROEL glo dit kan help om die liefde van God en Sy boodskap van verlossing te versprei.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 19/04/2023
Foto: en.wikipedia.org
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








