Geskryf deur: Mario Denton
Artikelbron: JUIG! Tydskrif 

Die meeste van ons tyd word by die werk bestee, gemiddeld 60 tot 70 persent. In die lig van my passie om leiers en organisasies te help groei en sukses en vreugde te beleef, het ek hard gedink oor hierdie artikel. As ons ’n verskil in die Koninkryk wil maak, moet ons evalueer of ons sake volgens die Boek doen of nie.

As ’n Christen wat in die sake-arena werk, het jy jouself al ooit afgevra: “Doen ek die regte ding?” As jy het, wees verseker dat jy nie alleen is nie. Heelwat sakelui – werkgewers en werknemers – sukkel dikwels om Koninkryksbeginsels by die werk toe te pas.

Tyd om te besin
• Wat is die vyf Christelike funksies van ’n besigheid?
• Wat is die basiese beginsels om ’n winsgewende besigheid te bedryf?
• Wat is die dryfveer van jou besigheid?
• Wat is ons verantwoordelikheid in die hantering van God se geld en eiendom?
• Wat sê die Bybel oor skuld? Wat is die sewe vereistes vir die aangaan van skuld?
• Wie is die eienaar van die besigheid? “Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God” (1 Kor 10:31). Op ’n skaal van 0 tot 10, tot in watter mate verheerlik jou besigheid/organisasie die Here?
• Wat is die definisie van sukses in jou besigheid? Waarna streef almal? Is dit nodig om aanpassings te maak?
• Wat is die heersende waardes in jou besigheid?
• Die vereistes vir leierskap. ’n Oneerlike leier kweek oneerlike volgelinge. “’n Regeerder wat hom aan leuens steur, het naderhand net goddeloses in sy diens” (Spr 29:12). Oneerlikheid behoort enigiemand as ’n leier te diskwalifiseer.
• Korporatiewe bestuur en uitnemendheid van karakter: Kan jy die twee verenig? Die antwoord is steeds ja, maar dit verg ’n lewenstyl van opoffering en transformasie wat die meeste mense nie bereid is om aan te neem nie.

Waar begin ek? Begin en groei eers in integriteit
1 Waardeer die integriteit van die hart en koester dit. “Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe” (Spr 4:23 OV).

2 Ontwikkel ’n gesonde vrees vir dissipline. “Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ’n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ’n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is” (Heb 12:11 OV).

3 Neem ’n besluit om nooit by goddelose gebruike betrokke te raak nie (Ps. 15:1-2).

4 Stel vaste en duidelike grense ten opsigte van jou gedrag en hou daarby.

5 Wees te alle tye versigtig. “Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig” (Fil 4:8).

6 Omring jouself met eerlike mense. “Moet julle nie langer laat mislei nie: ‘Slegte geselskap bederf goeie sedes’” (1 Kor 15:33 OV).

7 Wees verantwoordbaar teenoor ander. “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ’n kragtige uitwerking (Jak 5:16).

8 Bid en onderwerp jouself aan die Heilige Gees. “Waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak” (Matt 26:41).

9 Wat as ek oneerlik was? Bely jou sonde, doen vergoeding en herstel jou intimiteit met God.


GRATIS AANBOD
Met my passie vir die bou van sterk verhoudings en met positiewe resultate in gedagte, bied ek jou slegs vir hierdie maand (Februarie 2024) die kursus, Business by the Book Principles, gratis aan.
drmariodenton.com/courses

Watter voordeel sal jy uit hierdie GRATIS kursus trek?
• Ontwikkel ’n duidelike doel vir jou besigheid en laat dit uitstaan van ander in die mark.
• Eienaarskap: Wie besit die besigheid?
• Integriteit en korporatiewe bestuur: Wie stel die standaarde? Hoe kan ek met integriteit en volhoubare bestuur in besigheid funksioneer? Is daar ’n karaktergebaseerde manier om die kultuur van die organisasie te ontwikkel?
• Neem winsgewende finansiële besluite deur Bybelse wysheid op sleutelresultaatareas toe te pas, en finansiële slawerny te vermy.

DR. MARIO DENTON – invloedryke internasionale sielkundige en dosent. Kontak hom by
marden@mweb.co.za of +27 (0) 82 882 9903

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 10/03/2024
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here