Artikelbron: JUIG! Tydskrif
Die Hermanus Passiespel word vanjaar vir die 26ste keer aangebied. Vanjaar vind dit op Goeie Vrydag (29 Maart 2024) in Hermanus se Ou Hawe plaas.
Die Passiespele is 28 jaar vir die eerste keer opgevoer en buiten 2020-2022, het die geleentheid jaarliks klokslag plaasgevind – aangebied en vertolk deur plaaslike amateurs. Daar is egter niks amateuragtig aan hierdie produksie nie. Dit is ’n aangrypende gebeurtenis wat Jesus se geboorte, lewe, lyding en sy opstanding passievol uitbeeld op ’n unieke verhoog – die rotshange van Hermanus se Ou Hawe.
Die voorprogram begin reeds om 18:00 met die Novas Vitae-lofdansers en plaaslike gaskunstenaar, Fanie de Jager, wat die gehoor om 19:15 sal vermaak. Die opvoering volg direk daarna om 20:00 wanneer die munisipale beamptes alle ligte rondom die Ou Hawe afskakel sodat die vertoning van 90 minute lank, in die donker kan begin, met slegs ’n kollig, die maan en laser-effekte as beligting.
Maak seker jy bespreek jou kaartjie by Computicket. Kaartjies is ook by die ingang te koop op die aand. Meer inligting is beskikbaar op Facebook (Hermanus Passiespel).
HERMANUS PASSIESPEL
Waar: Hermanus
Wanneer: Goeie Vrydag 29 Maart
Hoe laat: 20:00 (voorprogram om 18:00)
Kaartjies: Vanaf R100
Kaartjies kan by Computicket of by die hek gekoop word.
Kontak: Anschen du Plessis 079 564 0557 of Fanus le Roux 078 483 3080
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 09/03/2024
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.