Artikelbron: www.charismanews.com
Die feit dat “Big Tech’ sensuur toepas is niks nuts nie. Verkondigers van die waarheid wêreldwyd verwag dit en het selfs maniere gevind om die sensuur te omseil. Nou begin regerings egter ook toetree en is besig om die dryfkrag agter baie van die sensuur te word.
Brasilië en Amerika ervaar ’n kommerwekkende neiging van regeringsgeleide aanlyn sensuur.
Onlangs is Twitter Files-Brazil uitgereik en dit het onthul hoe ver die sensuur al gevorder het. Dit het selfs met die 2020 presidensiële verkiesing ingemeng. Daar word beweer dat Google, Facebook, Uber, Instagram en WhatsApp gehoor gegee het aan die Brasiliaanse regering se eise deur private gebruikersdata te verskaf.
Die regering se pogings om vrye spraak aanlyn die stilswye op te lê, sluit in die verwydering van rekeninge en selfs tronkstraf vir individue.
In Amerika is daar soortgelyke gevalle soos die sensuur rondom inligting oor posstemmery tydens die 2020-verkiesing. Die regering het druk op sosialemedia-platforms uitgeoefen om die narratief te beheer. Onderhoude en onthullings dui op formele vennootskappe tussen die departement van binnelandse veiligheid en tegnologiemaatskappye, wat sekere aanlynbesprekings as “kuberaanvalle” hanteer het wat gesensor moes word.
Hierdie gekoördineerde poging maak inbreuk op digitale regte, wat oproepe vir ’n Digitale Handves van Regte regverdig om burgers teen sulke vergrype te beskerm. Hierdie wetsontwerp sal regte op digitale eiendom, gebruik, privaatheid en beskerming teen regeringsinmenging vestig. Die doel is om beide die regering en tegnologiemaatskappye aanspreeklik te hou vir die respek vir fundamentele regte in die digitale sfeer.
Vir meer oor die voorgestelde Digitale Handves van Regte klik hier: joynews.co.za
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 26/04/2024
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit www.freepik.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.