Artikelbron: JUIG! Tydskrif
Help asseblief om Michael Swain, as “verteenwoordiger van die geloofsgemeenskappe van ons
nasie” in Oktober 2023 na die Alliance for Responsible Citizenship- (ARC-)forum te stuur. Pastoor
Swain, die uitvoerende hoof vir Freedom of Religion SA (FOR SA), is persoonlik uitgenooi om in
Oktober die belangrike vergadering in Londen by te woon. In ’n versoekskrif skryf hy:
“Help my asseblief om ’n belangrike globale inisiatief by te woon – die ARC-forum. Dit vind van 30
Oktober tot 1 November in Londen plaas. Toe ek die eerste keer van hierdie geleentheid gehoor het
– wat beperk is tot 2 000 afgevaardigdes en slegs op uitnodiging – het ek gebid dat ek dit kan
bywoon. Ek is dus so bevoorreg om nou persoonlik as afgevaardigde ’n uitnodiging te ontvang. Die
ARC-forum is die inisiatief van sommige van die mees gerespekteerde konserwatiewe leiers en
denkers van ons generasie, insluitend Jordan B. Petersen, barones Philippa Stroud en historikus Niall
Ferguson. Die doel is vir senior, internasionaal erkende leiers om te vergader om saam ‘’n visie vir ’n
beter wêreld te skep waar elke burger kan floreer en ’n bydrae kan lewer’.
“Die geleentheid sal die generaals wat veg vir geloof en vryheid uit alle uithoeke van die wêreld
byeenbring. Dit is my passie en die afgelope agt jaar lank het dit my lewe en werk gerig. Dit bied ’n
unieke geleentheid om met eendersdenkende mense te netwerk, om te luister na mense met
dieselfde hart en visie vir ons wêreld. Om gekies te word, is ’n antwoord op gebed, maar ek wil graag
met julle vennootskap en ondersteuning gaan. Ek sal inderwaarheid die geloofsgemeenskappe van
ons nasie verteenwoordig, dié vir wie se regte FOR SA so hard veg om te handhaaf en te beskerm.
Met julle hulp sal ek ’n rol kan speel om ’n nuwe paradigma, visie en strategie vir ’n beter toekoms vir
ons nasie, ons wêreld en vir die komende generasies te help skep.
“In praktiese terme is die koste vir my om hierdie geleentheid by te woon in die omgewing van R60
000 – R70 000.
Bydraes kan in die FOR SA-rekening inbetaal word, met “ARC FORUM” as verwysing.
In die geval dat hierdie bydraes die koste van die bywoning van hierdie geleentheid oorskry, sal enige
surplus gebruik word om die voortgesette werk van FOR SA in Suid-Afrika te ondersteun.
Bankbesonderhede:
Rekeningnaam: FOR SA
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 4062114352
Takkode: 632005
SWIFT-adres: ABSA ZA JJ
Verwysing: “ARC FORUM”
Klik hier vir veilige betaalopsies
Let wel: As jy as ’n individu of via ’n “winsgewende” korporasie of organisasie skenk, kan FOR SA ’n
Artikel 18 (a) belastingsertifikaat aan jou uitreik.
Dankie in afwagting van jou vrygewigheid en ondersteuning … en voel asseblief vry om dit te deel
met ander wat dalk bereid is om ’n rol te speel om hierdie droom ’n werklikheid te maak. Bo alles,
dankie dat jy saam met my in die stryd vir geloof en vryheid aangesluit het!”
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 23/09/2023
Foto: Michael Swain, Uitvoerende Direkteur, FOR SA
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.