Geskryf deur: Artikelbron: gatewaynews.co.za 

Time2RiseSA het vandeesweek reëlings aangekondig vir busse wat gereed is om mense van 6 tot 8 Oktober na sy “Uniting for Change”-geleentheid by Wilde Als-plaas buite Bloemfontein te vervoer.

Busse sal passasiers vanaf Kaapstad, Pretoria, Durban, Gqeberha (Port Elizabeth) en Mosselbaai op ’n retoerrit na die massa-buiteluggeleentheid neem.

Die hoofspreker, voormalige hoofregter Mogoeng Mogoeng, sal die byeenkoms Saterdagaand toespreek. Volgens gatewaynews.co.za sluit “ander hoogtepunte van die naweek in om Suid-Afrika op die Saterdagoggend aan die Here op te dra, asook kort boodskappe van verskeie inspirerende Christen-leiers, strategiesessies en beplanning vir sleutelsektore soos onderwys, landbou, die ekonomie en besigheid – en die identifisering van mans en vroue wat die nasie kan lei.”

Die voorlopige program is onder aan die berig.

Die gesinsvriendelike geleentheid is gratis, maar deelnemers moet hier time2rise.co.za/time2risesa-october-2023/ registreer. Daar is ook inligting oor kampering en ander verblyfopsies op die webtuiste beskikbaar.

Reëlings vir die busse is:
Intercape-busse sal van die stede hier onder na die plaas Wilde Als en terug ry.

Vir Pretoria en Kaapstad:
Skakel 021 380 4400 om ’n Time2Rise-kaartjie te koop, skakel. Laat weet dan jou kontakpersoon by Intercape.

Vir Durban, PE en Mosselbaai:
Laat weet eers jou kontakpersoon dat jy sitplek wil hê. Sy sal jou laat weet wanneer om jou kaartjie te koop. Skakel dan 021 380 4400.

BUSROETES, KOSTE & AFHAALPUNTE:
Vanaf Kaapstad: R1 000
Bellville Intercape terminale
Patrick: 082 383 9110

Vanaf Pretoria: R500
Pretoria stasie Intercape-kantoor
Leon: 081 217 1839

Vanaf Durban: R650
Om bevestig te word (TBC)
Claudette: 082 494 4271

Vanaf PE (Gqeberha): R750
TBC
Amanda: 084 415 0127

Vanaf Mosselbaai: R850
TBC
Ursula: 072 226 9222

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 24/09/2023

VRYWARING

JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here