Geskryf deur: Errol Naidoo 
Artikelbron: Artikel verskaf 

“Hierdie stryd is die mees deurslaggewende een van ons generasie. Ons durf nie misluk in ons taak nie.”

Die Bela-wetsontwerp (“Basic Education Laws Amendment” Bill of Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys) is ’n uiters onsubtiele poging deur die korrupte en mislukte ANC-regime om ouers se beheer oor hulle eie kinders by hulle af te neem en die kinders doelbewus te indoktrineer met aborsie- en LGBTQ-propaganda in die openbare en tuisonderrig-sfeer.

Die Bela-wetsontwerp, te same met die Wetsontwerp op Haatspraak is van die mees verraderlike stukke wetgewing wat ooit deur hierdie gediskrediteerde en moreel bankrot regering uitgedink is. Die ANC-regime se totalitêre neigings was nog nooit so duidelik as in sy ooglopende sameswering om minderjariges te breinspoel en burgers stil te maak en te straf vir hulle godsdienoortuigings en geloof nie.

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het klaaglik misluk met die onderwys van die land se kinders. Trouens, sy vra nou groter begrotings aan om haar mislukte beleid te finansier nadat internasionale navorsing aan die lig gebring het dat 81% van graad 4-leerlinge nie met begrip kan lees nie.

En terwyl Motshekga en haar mislukte regime daarop aandring dat omvattende seksualiteitsvoorligting (CSE) “noodsaaklike gesondheidsorg vir die jeug” is, bestempel die KZN-LUR vir gesondheid die 26 515 tienerswangerskappe wat binne slegs agt maande in haar provinsie aangeteken is, as “’n skande vir die swart nasie. ”

Motshekga dring daarop aan dat CSE kinders help om “ingeligte keuses oor hul seksuele gesondheid te maak” – ’n UNESCO-slagspreuk wat sy onnadenkend herhaal – terwyl dit nie die stygende koerse van tienerswangerskappe in Suid-Afrikaanse skole kan verduidelik nie en dit gebeur ondanks die implementering van CSE landswyd die afgelope agt jaar.

Die eintlike doel van die Bela-wetsontwerp is om die minister en haar korrupte en onbevoegde amptenare groter gesag te gee om “leerderswangerskap te bestuur”. Dit beteken aborsiedienste sal afgedwing word en meer as waarskynlik buite beheer raak. Hiervolgens moet skoolhoofde, onderwysers en skoolbeheerliggame ook die minderjarige leerder se swangerskap en aborsie geheim hou (en ouers in die duister hou).

Kragtens die “Skolewet” bepaal die skool se beheerliggaam die skool se kurrikulumbeleid en kan dit CSE verwerp. Die Bela-wetsontwerp neem hierdie mag weg van die beheerliggaam en gee dit aan die minister en haar amptenare sodat aborsie- en LGBTQ-breinspoeling verpligtend sal word in openbare skole en vir kinders wat tuisonderrig word.

Die Bela-wetsontwerp verklaar CSE as ’n absolute “reg” vir elke leerder, “om ingeligte keuses te maak oor hul seksuele gesondheid, oriëntasie en veiligheid.” CSE word gedefinieer as ““a central aspect of being human throughout life and encompasses sex, gender identities and roles, sexual orientation, eroticism, pleasure, intimacy and reproduction.” Dit is openlike breinspoeling met seksuele regte.

Die ANC-regime, onder die beheer van die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (Unesco), die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds (UNFPA) en die Wêreldgesondheidsorganisasie, verdraai die staat se wetgewende magte om beheer oor jou kinders by jou oor te neem – om hulle te indoktrineer met aborsie- en LGBTQ-propaganda om buitelandse radikales te paai. Dit is ’n diaboliese aanval op ouerlike gesag!

Elke ouer, grootouer, opvoeder en Christen-leier moet hierdie veragtelike daad van kindermishandeling aktief en in die openbaar teenstaan. Jou kinders is joune – nie die staat s’n nie! Die regering is besig om die wettige gesag van die gesin vir homself toe te eien terwyl hy tegelykertyd ons onderwysstelsel vernietig. Neem nou sterk standpunt in!

“En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil.” – Efesiërs 6:4. Hierdie stryd is die mees deurslaggewende een van ons generasie. Ons durf nie misluk in ons taak nie.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 21/06/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit unsplash.com

VRYWARING

JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here