Geskryf deur: cbn.com
Artikelbron:
Sy tekeninge en animasies is aan baie kinders bekend. Byvoorbeeld, die reeks The Fairly OddParents op Nickelodeon was ’n groot treffer. Tans werk die bekende illustreerder Butch Hartman en sy vrou Julianne aan ’n nuwe projek: The Garden. Die doelwit? Om kinders met die Evangelie te bereik op ’n manier wat tot hulle spreek.
Die strokiesprentkunstenaar het destyds reeds die begeerte gehad om ’n Christelike animasierolprentreeks te maak. Maar hy geweet dat Nickelodeon nie so ’n reeks sal uitsaai nie. Daarom het hy die idee vir ’n rukkie opsy geskuif.
“Ons het die idee tien jaar lank laat prut,” sê Butch. “In 2015 het ons uiteindelik besluit om sewe episodes van The Garden te maak. Ons het ’n volledige animasiespan daarvoor aangestel.”
Tog sou dit tot 2021 duur voordat die egpaar werklik die stap neem en besluit om veertig episodes met die hulp van beleggers te maak. “Ek gee nie om watter idee of droom jy het nie. Dit maak nie saak hoe lank dit neem nie, hou aan om dit te koester. Hou aan om daardie saad nat te maak,” sê Butch.
Volgens die vervaardigers is die animasiereeks The Garden deels geïnspireer deur die boeke van C.S. Lewis, daar is ’n leeu en ook ’n lam in. Boonop het die vervaardigers ouers van jong kinders geraadpleeg en vooraf navorsing gedoen.
“Ouers het vir ons gesê dat hulle bang is om hulle kinders voor ’n skerm te laat sit, as gevolg van wat deesdae op die internet te vinde is. Ons word nou gereeld vertel dat hulle dankbaar is vir die reeks wat ons gemaak het,” sê Julianne. “In elke episode kan jy ’n liedjie hoor waarin Bybeltekste ingewerk is. Dit is hoe ons kinders in aanraking bring met die Woord van God.”
Die egpaar het vroeër vanjaar ’n toep bekendgestel waarin die episodes van die reeks gekyk kan word. Meer inligting oor die animasiereeks kan hier gevind word.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 17/08/2023
Foto: gardencartoon.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.