Artikelbron: Mission Network News

’n Kerkdiens in Indonesië is onlangs weer deur betogende Moslems ontwrig. Dit is dieselfde kerk wat sedert Mei verskeie deur moeilikheidmakers geteiken word, berig Mission Network News. Indonesië het ’n groot Moslem-meerderheid, maar het ook wette wat godsdiensvryheid beskerm.

Die Moslems wat kerkdienste onderbreek, beweer dat die kerk nie ’n permit het om vergaderings te hou nie. Die Vereniging van Indonesiese Kerke het ’n beroep op die streeksregering gedoen om te bemiddel en te verseker dat die regte van die gelowiges beskerm word.

President Joko Widodo het vroeër vanjaar beklemtoon dat godsdiensvryheid in die Indonesiese grondwet verskans is. Hy het ook streekleiers opdrag gegee om te verseker dat plaaslike owerhede nie hierdie wette oortree nie. Ongelukkig het dit nog nie gelei tot ’n volledige uitskakeling van Christen-vervolging nie.

Tog groei die Indonesiese kerk, volgens Bruce Allen van die sendingsorganisasie FMI. Hy het onlangs ’n vergadering met dertig kerkplanters bygewoon waar die kerkplanters aan ’n handige evangelisasie-instrument bekengestel is wat spesifiek vir die Indonesiese kultuur ontwerp is. Snapshot is ’n reeks pragtige foto’s van die land waar daar evangelisasiewerk gedoen word. Die evangelis gebruik die foto’s om vrae te stel aan die persoon met wie hy/sy in gesprek is. Elkeen het sy eie storie en die foto’s word gebruik om hulle te help om die storie van hulle lewe te vertel. Die foto’s is geskik vir die kultuur waarin dit gebruik word en omdat daar geen teks op is nie, is die verkondiging van die Evangelie nie gekoppel aan die geletterdheid van die bevolking nie.

Dit gebruik vyf standaardvrae en fokus op die geestelike behoeftes van die individu(e). “Die instrument help kerkleiers om na die mense te luister en uit te vind wat in hul harte aangaan. “Dit is ’n hart-tot-hart-gesprek, want hoekom sou hulle na jou luister as jy nie bereid is om na hulle te luister nie,” het Allen gesê.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 16/08/2023
Foto: FMI op Facebook

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here