Artikelbron: opendoors.org.za

As jy wil weet hoe vervolging iemand se geloof kan verwoes, ontmoet vir Baher.

“Ek het myself gehaat en ek het vir God gehaat,” het hierdie jong Egiptiese Christen gesê.

Baher* het op 13 ophou skoolgaan omdat sy familie te arm was en beroepsopsies beperk was as gevolg van hul geloof. Baher het geweet dat die steengroef gevaarlik is, maar hy het geen ander keuse gehad as om saam met ander vervolgde gelowiges by een van die gevaarlikste steengroewe in Bo-Egipte te begin werk nie.

Sy grootste vrese het hom ingehaal: Binne ʼn week, het Baher sy arm verloor in ʼn afgryslike ongeluk, en kort daarna is sy broer by die werk dood.

Intense en nimmereindigende vervolging het Baher se geloof verwoes, en hy het sy rug op God gedraai. Hy is egter nie die enigste een nie. Regoor Egipte en die Midde-Ooste ontneem vervolging ʼn hele generasie van hul hoop en bestaansdoelwitte.

Die toekoms vir jongmense in die Kerk lyk wanhopig, maar jy kan dit verander.

Sal jy die toekoms herskryf vir hierdie jong Christene in Egipte en die Midde-Ooste?

Elke R260 kan help om ʼn maand se mediese sorg en ondersteuning te voorsien aan vervolgde Christene.

Elke R700 kan help om jong steengroefwerkers op te lei en te dissipel om hul geloof te versterk.

Elke R2050 kan finansiële sekerheid bied aan ʼn vervolgde Christen-familie deur ʼn lening vir ʼn klein besigheid.

Te danke aan ondersteuning van mense soos jy, het Baher die bystand ontvang wat vir hom ʼn beter toekoms sal help bou. ʼn Mikrolening beteken dat hy ʼn nuwe besigheid kon begin. Dit het sy geloof versterk en ook beteken dat hy in sy tuisland kan bly om dit Kerk aan die lewend te hou.

“Ek het God vir my familie se trauma blameer, maar jy het ons ondersteun,” het Baher gesê. “Nou is ons dankbaar. As julle my nie ondersteun het nie, sou ek nie verander het nie. Julle het my moraal gelig en my verhouding met God herstel.”

Nou het ander jongmense in die Midde-Ooste – insluitend die wat steeds in Egipte se steengroefmyne werk – jou ondersteuning en gebede bitter nodig.

Dankie vir jou ondersteuning vandag.

Ek wil die toekoms vir jong gelowiges herskryf
*Naam verander vir sekuriteitsredes

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 14/10/2023
Foto: Geopende Deure

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here