Artikelbron: Faithwire.com

 

Polisie in Alberta, Kanada, het glo ’n tiener in hegtenis geneem toe hy Bybels uitgedeel het en daar ’n woordewisseling tussen hom, sy ondersteuners en ’n groep teenbetogers uitgebreek het.

Volgens ʼn nuusberig van Faithwire.com het Josh Alexander (16) Woensdag getwiet dat hy “geboei en in ’n vangwa gesit is omdat hy op ’n openbare sypaadjie in Calgary Bybels aan studente aangebied het.” Hy het ‘n video oor die voorval geplaas: Klik hier om daarna te kyk.

Hy is later vrygelaat, maar gewaarsku dat as hy terugkeer, hy in hegtenis geneem en aangekla sal word.

Ondanks die tartende woorde van pro-transgender-spotters en sy arrestasie deur die Calgary-polisie het die tiener voortgegaan om die Skrif met die skare om hom te deel. In ʼn daaropvolgende twiet het hy geskryf dat hy aangehou het om Bybels uit te deel en bygevoeg: “Ek skaam my nie vir die Evangelie van Christus nie.”

Hy het ook geskryf: “Ek sal nie toegee aan die druk van die woke gepeupel of korrupte staat nie. Ons sal voortgaan om die waarheid in liefde te verkondig.”

Maxime Bernier, die leier van die People’s Party of Canada, het wetstoepassers veroordeel vir hul oënskynlike dubbele standaarde.

As jy ’n kerk in hierdie land afbrand, sal die polisie geen hulpbronne toewy om jou vas te trek nie,” het hy geskryf. “As jy egter Bybels op die sypaadjie uitdeel of ’n saamtrek hou om fundamentele regte in ’n tyd van histerie te verdedig, sal jy dadelik gearresteer en beboet word. Ons is ’n siek samelewing”.

Lees die volledige berig hier.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 19/05/2023

Foto: (Skermskoot via Rebel News)

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

1 COMMENT

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here