Artikelbron: releaseinternational.org
Ná sewe jaar in aanhouding is John Cao uit die Chinese tronk in Kunming vrygelaat. Hy kon op 3 Maart na sy huis en familie in die Hunan-provinsie terugkeer, berig die sendingorganisasie SDOK.
John is ’n Amerikaans-Chinese pastoor wat jare lank in Amerika gewoon het. Hy het in sy twintigs ’n Christen geword en later met die Amerikaner, Jamie Powell, getrou en teologie gestudeer om ’n pastoor te word.
John het verskeie skole in China gestig en gereeld na die naburige Mianmar gereis, waar hy ook gehelp het om skole te stig. Behoeftige kinders is in hierdie skole onderrig.
So kon hy jare lank ongehinderd heen en weer na Mianmar reis. In 2017 is hy egter skielik gearresteer vir ”organisering van onwettige grensoorstekings toe hy na China teruggekeer het. Simpatieke Christene meen egter sy arrestasie het verband gehou met sy betrokkenheid by Chinese huiskerke.
John het sy geloof in die tronk behou. In 2020 het hy gesê: “Ek bid daagliks vir my broers en susters in Christus en vir alles wat in die wêreld gebeur.”
In 2021 het hy begin poësie skryf oor sy tyd in die tronk. ‘n Versameling van hierdie gedigte is deur ‘n Release International-vennoot gepubliseer as Living Lyrics: Poems from Prison.
Dank God vir sy vrylating uit die tronk en vir sy volharding in geloof die afgelope paar jaar. Bid ook dat die Here hom sal lei, beskerm en seën in die dae wat voorlê.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 13/03/2024
Foto: John Cao nadat hy sy tronkstraf voltooi het (ChinaAid) cvandaag.nl
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.