Artikelbron: JUIG! Tydskrif 

WOWZA is ’n akroniem vir Wave On Wave South Africa: Golf op golf van redding, genesing, bevryding en herlewing wat spoel oor ons land wat dringend benodig dat die lig deurbreek. Geestelike bevryding móét politieke en ekonomiese bevryding voorafgaan! As die Here nie in die burgers van ’n nasie se harte woon en Hy daar as Koning regeer nie, sal haat, geweld, hebsug en korrupsie voortgaan om die septer te swaai.

’n Inisiatief om hierdie werk vir verandering aan die gang te sit
In antwoord op hierdie desperate behoefte aan verandering, gaan In His Name Ministries in die loop van 2024 vyftig veldtogte finansier en aanvoer. Hierdie veldtogte sal óf deur hulle eie span óf deur ander evangeliste – met wie hulle ’n vertrouensverhouding het – aangebied word. Elke veldtog sal verskeie kerke betrek met die gelowiges van daardie kerke wat toegerus sal word om siele te wen en opleiding sal ontvang vir straat-, skool- en deur-tot-deur-evangelisasie in aanloop tot die hoofveldtog. Die span skat dat ten minste 10 000 mense deur elke veldtoginisiatief geraak sal word, dus ’n halfmiljoen individue met die 50 veldtogte!

Waar sal die veldtogte gehou word?
Die veldtogte sal in die hele Suid-Afrika in behoeftige gebiede gehou word – of dit nou in townships is waar misdaad, immorele gedrag en bendegeweld hoogty vier of in landelike gebiede waar toordery en voorvader- aanbidding algemeen voorkom.

Dit is net die begin!
Soos die Here lei, sal WOWZA jaar na jaar voortgaan om die aantal veldtogte en die omvang daarvan te vermeerd, namate die ondersteuning toeneem. Sal jy help om om Suid-Afrika vir Jesus te wen? Raak asb. vandag betrokke!

Nopwindende deel van WOWZA is WOWALEX – Wave On Wave Alexandra. Hierdie multiveldtoginisiatief in Alexandra is reeds goed op dreef. Hoewel hierdie township berug is vir sy oorbevolking, kriminele aktiwiteite en dwelmmisbruik, is God se lig, liefde en verlossing op pad om die houvas van duisternis te breek en ’n nuwe golf van verlossing en herlewing in te lei.

’n Veldtog in elke area van Alex
In His Name Ministries maak gebruik van wat God reeds in die gebied begin doen het, deur die kundigheid van 16 plaaslike evangeliste in te span. Die evangeliste is welbekend aan In His Name Ministries en is deur die bediening opgelei. Hulle sal saam met die bedieningspan werk om oor ’n tydperk van ‘n paar weke ’n veldtog in elke area van Alex te hou. Elke naweek sal daar ’n veldtog in ’n ander area wees totdat die hele Alex bereik is, met die meeste inwoners van die township wat ’n veldtog binne loopafstand van hul huis sal hê en alle kerke (selfs die kleineres) aktief betrokke sal wees.

Wanneer sal dit plaasvind?
Die eerste van die beplande 11 veldtogte sal aan die begin van
Februarie gehou word en die laaste een in die middel van April. Daar sal bediening in skole wees asook doelgerigte straatevangelisasieveldtogte. Gelowiges sal toegerus word vir evangelisasie.

Ons neem die townships vir Jesus!
Met jou betrokkenheid en in die krag van die Heilige Gees sal dieselfde strategie in townships in die hele Suid-Afrika gebruik word: WOW DIEPSLOOT, WOW THEMBISA, WOWLANGA, ens! Sluit by ons aan om met die oë van geloof te sien en herlewing in ons land te beleef!

MANIERE OM BETROKKE TE RAAK:
• Sluit aan by one gebedspan
• Wees ’n vrywilliger by ’n veldtog
• Maak ’n skenking aan wowza

Bankbesonderhede:
In His Name Ministries NPC
FNB Tjekrek. No: 62420897201

KONTAKBESONDERHEDE: 021 556 0762 • info@inhisname.global • www.inhisname.global

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 18/02/2024
Foto’s verskaf

VRYWARING

JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here