Artikelbron: The Christian Post
The Christian Post berig dat die Westerse beskawing volgens Elon Musk, geen toekoms het sonder
die Christendom nie. Die wêreldbekende uitvoerende hoof van SpaceX het verlede week via X die
stelling gemaak. Musk het gereageer op ’n twiet van die Britse rapper Nzube Olisaebuka Udezue wat
dieselfde verklaar het.
Musk het in antwoord op Udezue se twiet geskryf: “Ek dink jy is waarskynlik reg.”
Musk het al voorheen sy sienings oor Christenskap en godsdiens in die openbaar bespreek. In ’n
2013-onderhoud het hy aan die akteur Rainn Wilson gesê dat hy sy lewe aan die “vooruitgang van
die mensdom” wy, maar dat hy “nie regtig iets aanbid nie” en dat hy nie eens gebid het toe hy amper
aan malaria gesterf het nie.
Tydens ’n onderhoud met die gewilde Christelike satire-webwerf The Babylon Bee in Desember 2021,
is Musk gevra of hy Jesus Christus as sy “persoonlike Here en Verlosser” sou aanvaar. (Musk is in die
verlede gedoop en het nagmaal gebruik terwyl hy in Suid-Afrika grootgeword het.) Hy het gesê dat
hy “die beginsels wat Jesus voorgestaan het” bewonder – soos “om mense te behandel soos jy self
behandel wil word”.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 09/01/2024
Foto slegs ter illustrasie: wikipedia.org
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.