Artikelbron: cvandaag.nl

Al neem geweld teen Christene in Nigerië steeds toe, verskyn die land weereens nie op die jaarlikse
lys van die grootste skenders van godsdiensvryheid nie. Die lys word jaarliks in Amerika uitgereik.
Organisasies wat kampvegters is vir vervolgde Christene, het pres. Joe Biden en sy administrasie fel
gekritiseer hieroor.

Nigeriese Christene praat selfs van volksmoord teen die land se Christen-bevolking terwyl die
regering hom blin hou. Daar is ook kritiek omdat leiers van ander lande te min doen om Christene in
Nigerië by te staan.

Dit blyk egter dat die Amerikaanse staatsdepartement hom nie veel aan die kritiek gesteur het nie.
Nigerië is vanjaar weer afwesig op die lys van die grootste skenders van godsdiensvryheid in die
wêreld. Gedurende die tydperk wat pres. Trump aan bewind was, is Nigerië by daardie jaarlikse lys
gevoeg. Pres. Biden se regering het die land egter van die lys verwyder al is daar geen ander land in
die wêreld waar soveel Christene elke jaar vermoor word soos in Nigerië nie.

“Ons is teleurgesteld en diep bekommerd dat die Biden-administrasie weereens versuim het om
Nigerië as ’n land van besondere kommer aan te wys weens skendings van godsdiensvryhede. Die
Verenigde State moet die druk op Nigerië verhoog,” het Sean Nelson van ADF International gesê.
Die Amerikaanse Kommissie vir Internasionale Godsdiensvryheid is ook woedend oor die afwesigheid
van Nigerië op die lys. In ’n verklaring het hulle gevra vir ’n kongresverhoor oor die
staatsdepartement se versuim om die kommissie se aanbevelings deur te voer.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 09/01/2024
Foto slegs ter illustrasie: unsplash.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here